Skip to content

Tradisie

Teen die ‘norm’ was ek as kind,
jou gedigte belees:

‘n mengsel van passie, kwaad, hormone, menswees/
vrees
het in my ontwaak en op ‘n ander nag,
het die jong
wille bloed binne my
gaan slaap.

Soggens breek my oe nie meer oop,
as kind nie,
en soms vind ek myself in ‘n suidwesterse wind,
langs die plek:
Waar jy ‘n laastemal
ingeloop het.

Dalk uit my eie seer-kwaad,
soek ek net raad,
om in die selde plek
te wees, waar jy jou
laaste symphonie
gedig het.

 

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar