Skip to content

Verlange

Deur die venster van dié blou bus,
‘n silhouette, ‘n neon groen boom.
Op voor-grond van
Grys.
Kaapse-reën, gedagtes van verwisselende
gevoelings.

Tussen my
Longe.
Tussen
Johannesburg en die Kaap,
in die middel van studies
en familie,

Vind ek my smart, vind ek ook die
bittersoetbessie;
dagbreek:

Die gevoel van neutraliteit,
die gedagte, soms;gedurig:
verlang ek om Kaalvoet oppi
bruin grond met groen gras
te baljaar
op die plaas
net te wees.

Verwisselend verplasing van
gevoelings en my
eie idee van realiteit.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar