Skip to content

Hoor jy?

Hoor jy dit ook?
Die stilte
van die nag.
Wanneer die wêreld
tot rus kom.

Voel jy dit ook?
Die koelte
van die wind
deur die venster.
Wanneer jy kalmte weereens vind.

Wat dink jy aan?
Wanneer jy een
van die min
is
wat nog nie slaap nie.

Wat hoor jy,
wanneer die krieke bedaar?

Wat voel jy?
Wanneer die venster
toe
is?

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar