Skip to content

He hom lief, hy’s jou skepping

Terwyl jy daarbo in die strate van kerk straat:
Aand na aand , suip en baljaar:
Sit ek hier, werk my vingers been en rou,
sodat jy more in babellas en las:
jou arms kan vou,
jou televisie god kan opsteek,
jou daaglikse dosis van sabc 2 en kyknet
kan Inspuit.

Sluimer ek deur die vroee oggend paaie,
finaalik oppad huis toe.
Amper aan die slaap.
Amper.
Jy’s nog nie wakker nie, jou poephol slons!
Weet jy nie wie jou god geword het nie?

Die selde god voor wie ek nou werk,
en
jou visie, uitkyk en voorkeure bemark en
beperk.

Die god wie ons geskep het
word nou draak,
kry nou mag en het al lankal jou drome
saggies
sagies
Verkrag.

Saggies.
Schuut!

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar