Skip to content

Dankie sors (Boetie)

Ek dink weereens terug aan die dae
toe ons
op die treinspoor gewandel het:

Deur Tonnels, tussen die berge
van die wildernis en die see.
Toe ons mossels op die klippe
gesoek het.

Ek dink terug aan ons vroeë jeug,
toe ons teen die nat mure,
ons lywe vas
gedruk het,
terwyl die Outinikwa verby
gery het:

Ons het vir elke verby-ganger
gegroet.
Ek verlang terug
toe ons skelm
gerook het:
op die rotse,
terwyl ons
visgevang het:
met tennisballe.

Ek verlang terug na die reuk:
van die strandhuis,
die grond,
die lug
en
Die See.

Ek kyk terug na
daai tyd toe en
ek besef ek
was gelukkig.

Dankie Sors vir al die goeie
herinneringe!

Aan: George Honiball

 

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar