Skip to content

Wie anders?

Die plek, het dit alles.
Almal op jaag na ‘n droom.
As hul net, kon sien.
Dis dalk liewer beter dat hul nie.

Want:

‘n ongedefineerde vryheid is beter,
ongesluit deur die hekke van verstand.

Liefde sonder die gewete,
van moontlike uitkomste,
is meer vrolik en spontaan.

Kennis sonder die veranderlike: Kreativiteit.
Is net makliker.
Die uitkoms is verseker.

Om ‘n roos te ruik,
is blykbaar meer verrykend,
as om dit te bestudeer.

Dit is seker goed,
dat die res van ons samelewing.
Nie die kleure van die reenboog ontleed nie.
Wie anders sal die strate vee, sodat ONS
kan kak praat?

 

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar