Skip to content

Towerspel

Die ligte in die ateljee gan af.
In die middle van die donkerte, sien ek:
‘n kers word aangesteek, nes toe ons familie kom kuier het,
toe al die konservitiewes gan slaap het.
Het ons ook ‘n kers aangesteek, die ligte af gesit en stil geword.

Die lig van die kers weerkaats teen haar wit-rok, terwyl almal
Stadig deur die towerspel van die drama ingesluk word.
Daar het ons gesit, verkieslik om ‘n ronde tafel, genoeg lig van die
Kers af om die opgewondenheid in mekaar se oe te sien.
Die serimonie-meesterin gee haar stem oor die aan die melodie
En die bekykers: hulle harte, al is dit net vir die oomblik.

My tannie het altyd ons aande om die tafel vertolk:
Spookstories as jy wil, vreemde gebeurtenisse, alles
Op een of ander manier deel van ons familie, deel van ons.
Soos elke gryn van my wese in die ateljee op elke noot staat gemaak het,
So het elke woord my gefasineer, elke serimonie wat ons aangepak het.
Ek wou net meer gehad het, die kers op die verhoog en op ons tafel het uitgebrand.

En die mense moes verdaag; die kinders moes bed toe gaan.
Ek kon nie slaap nie, ek moes meer weet oor die bo-natuurlike-magte.
Ek moes net.
Die familie-aand het weer gekom, ‘n nuwe kers was aangesteek,
Ligte was afgesit en almal het bedaar, dit was stil.

Toe durf ek meer weet:
‘n stilte het oor hul gespoel wat ek nog
Nooit beleef het nie. Oe en harte het opgevlam,
Die belangrikste reel het ek vergeet:
“Daar is net een serimonie-meester”.

Dit moes kort geknip geword het,
“dit voel net nie meer reg nie”het hul gese.
Ekt dit ook gevoel, ekt dit daar gevoel en ekt dit vanaand hier
In die ateljee gevoel.

Ek het toe en nou besef, dis net stories, dis net ‘n drama,
Dis net ‘n tragedie, Dit is net Towerspel.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar