Skip to content

Selfmoord op Papier

Vanaand pleeg ek selfmoord op
die stukkie papier.
Die ink van my pen,
het opgeraak.

Daar bly net ‘n dop.
Tyd maak nie wonde gesond nie,
dit help net bietjie met die vergeet,
die pen bly leeg.

Geen winkel kan aan my verkoop:
wat ek verloor het nie,
geen som van geld kan my storie aanhou skryf nie.

My vingers is al stom geskryf,
met die laaste bietjie ink wat ek kan uitdruk.
Soos krap merke teen die binnekant van ‘n kis.
So is daar krap merke op die papier, blotse swart bloed.

Ek moes dalk kleiner geskryf het:
dalk dan sou ek genoeg ink oor gehad het om my storie klaar te geskryf het.
Dalk nie.

Almal sê altyd:
“Jy kan ‘n nuwe storie, met ‘n nuwe pen skryf..”
Wat ek waar kry? Wel daar is seker geen anderse logiese
uitweg nie:
Ek kan nie die storie met ‘n ander pen aanhou skryf nie
En
Ek kan ook nie die storie sonder ‘n slot los nie.

Die vlam in my regter hand, bring vlam tot die blaaie van my boek.
“Mag die as van die blaaie nuwe lewe bring, soos uit die as van ‘n Protea
nuwe lewe kom”
Blaas ek die as in die suid-westerse wind weg.

En Besef:
Ekt selfmoord op papier gepleeg.

 

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar