Skip to content

Net ‘n Vakansie

Partykeer wens ek: dat ek op vakansie kon gaan en my liggaam kon agter laat.
Nee, nie hemel toe nie, net weg van alles wat ek ken, net vir ‘n rukkie.

Ek voel dat tot my liggaam, alles van die wereld iewers binne my stoor,
en die proses my ook agter hou en my swaar maak.

Ek droom: My voet raak skaars die grond onder my, ‘n sagte bries waai my hare heen en weer,
my oe gerig boontoe en in ‘n oorvloed van vryheid, skiet ek op en verlaat alles en in ‘n oogwink veruil ek dit vir die sterre.

Vinniger as enige iets tevore, word die maan en die einde van ons sonnestelsel, net my weg-spring streep. Eers maak ek my oe toe, om te voel hoe alles verby my blits. Maak ek my oe oop en besef ek is ver genoeg. Geen teken van ons planeet se bestaan is meer sigbaar nie, my bekommernisse daarmee heen.

En tog het ek ‘n grooter form van vryheid gevind, maar dit is eintlik net ‘n skaduwee van ‘n ander grooter vryheid, een meer onbereikbaar, as om op vakansie te gaan.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar