Jy blaai in die argief vir Canon EF16-35mm f/2.8L USM.

by izakdv

Frank en die Lamborghini

Augustus 27, 2014 in Uncategorized

Frank op Stellenbosch

Dit is Frank. Kom ons noem hom so, want hy het ’n skerp tong. Kliek op sy foto om dit volgrootte te sien.

Gewoonlik sal ek nie iemand van naby afneem met ’n wyehoeklens nie. Die distorsie laat die gesig vreemd voorkom. Julle sal sien Frank se neus is groter as wat dit moet wees.

Gewoonlik, seg ek. Want die Engelse het ’n spreekwoord: Sometimes you have to be cruel to be kind.

Frank het homself aan my kom opdring daar in Stellenbosch en was al goed aangeklam. Hy wóú dat ek sy foto neem en het my toe aangemoedig om die foto in ons huis te hang, want, sê hy, as die kieme dié lelike gesig sien, sal hulle hardloop en ons sal nooit weer verkoue of griep kry nie.

Frank speel dus die nar. Ek het op daardie stadium nog ’n 24–70 mm-lens op my kamera gehad. Op 70mm is dit ’n baie goeie portretlens. Ek wou net die wyehoeklens opsit toe hy my kom pla. En daar besluit ek toe om Frank wel met die 35mm af te neem en van naby. Dit is wyd genoeg om distorsie te kry, maar op 35mm darem nie so dat ek hom belanglik laat lyk nie.

Frank weet hy is deur die jare getrap. Ek wou dit wys. Ja, ek het hiermee die karikatuur wat hy van homself maak, bevestig, maar dit is die naaste wat ’n foto kan kom aan die woorde wat hy oor homself uiter.

Dan was dit ook korrek dat ek hom afneem met die lens wat ek eintlik vir die Lamborgini uitgehaal het. Ek het toe eers die kamera baie naby sy gesig gehou, die knoppie gedruk en toe die kar afgeneem. (Kliek op die foto om dit groter te maak.)

Frank Lamborghini countach

Dit neem ’n hofnar om soms die groteske wanbalans in ons samelewing uit te lig.

Ek is bly ek kon sy foto neem. Ek gaan dit nie in my huis opplak nie, maar ek sal sy gesig langs die Lambo nog lank onthou.

* * *

As julle ’n briljante reeks wil sien wat mense, ryk en arm, vasvat, gaan kyk na Johan Kotze se Poeple of Stellenbosch en like dit. Julle sal nie spyt wees nie. https://www.facebook.com/PeopleofStellenbosch

* * *

Iets oor Frank se foto.

Ek skiet in RAW en dan ontwikkel ek elke foto. Ek moes die donker kepe in sy gesig uitbring, maar hy het nie soos ’n tamatie gelyk nie. Toe gebruik ek ’n tegniek wat ek soms uithaal as ek ’n baie spesiale foto nodig het.

Frank drie

Ek het eers die foto in kleur ontwikkel (links) tot ek tevrede was dit is die beste wat ek kon doen. Toe het ek dieselfde foto in swart en wit ontwikkel, weer tot ek tevrede was ek kon nie beter nie. En toe voeg ek die twee saam (middel). Ek het Canon Digital Professional se “Compositing tool” gebruik, maar ’n mens sou ook PhotoShop se layers kon gebruik. Ek het eenvoudig die gekleurde foto oor die swart en foto geplak en stelselmatig die swart laat deurskemer tot ek Frank se velkleur weer kon kry soos ek dit wou hê.

* * *

Tegniese detail: Albei foto’s is geneem met Canon 5DmkII en ’n Canon EF16-35mm f/2.8L USM-lens.

Frank se foto: 1/200 f3.5 ISO100 (35mm)

Die Lambo: 1/200 f10 ISO100 (16mm)

by izakdv

Blomme

Augustus 24, 2014 in Uncategorized

(To my English-speaking friends: I visited the West Coast National Park today; click on each pic to enlarge it.)

Ek het vandag gaan blomme kyk in die Weskus Nasionale Park. Vir dié van julle wat te ver is, kliek op die foto’s hieronder om hulle groter te maak.

weskusblomme 01

Die veelheid van kleure is moeilik om oor te vertel – selfs met ’n kamera

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/400 f9 ISO100 (200mm)

weskusblomme 02

Ek het hulle teen die lig geneem, want dit is hoe hulle lyk as hulle wegkyk van jou af.

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/800 f5 ISO100 (200mm)

weskusblomme 03

Hierdie vetplantjie groei eenvoudig op ’n rots. Saam met nog ’n plantjie en ’n bietjie mos, het hulle ’n klein ekosisteem geskep.

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/320 f5 ISO100 (135mm)

weskusblomme 04

Skilpadkamera: Dis hoe Skillie die blomme sien.

Canon 5DmkII en Canon EF16-35mm f/2.8L USM

1/250 f9 ISO100 (16mm)

weskusblomme 05

Ietsie blou.

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/400 f5.6 ISO100 (200mm)

weskusblomme 06

Dit is moeilik om die geweldige oorvloed vas te lê en ek hou daarvan om ’n fokuspunt iewers in die foto te hê. Hierdie rots met die pragtige ligene is mooi genoeg om af te neem en in die agtergrond kan ’n mens die kleure sien.

Canon 5DmkII en Canon EF16-35mm f/2.8L USM

1/400 f8 ISO100 (24mm)

weskusblomme 08

Hier het ek die voorste bossie as fokuspunt gebruik en die res toegelaat om te versmelt, maar dit trek hopelik die oog na die geil oorvloed.

Canon 5DmkII en Canon EF16-35mm f/2.8L USM

1/800 f5 ISO100 (16mm)

weskusblomme 07

Al die veld is vro-ho-lik!

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/800 f5 ISO100 (200mm)

weskusblomme 09

Hierdie vygies is sommer net mooi.

Canon 7D en Canon EF300mm f/4L IS USM

1/500 f8 ISO250 (300mm)

weskusblomme 10

Ietsie rooi.

Canon 7D en Canon EF300mm f/4L IS USM

1/500 f8 ISO400 (300mm)

by izakdv

Donker Spoor op DEKATv

Augustus 20, 2014 in Uncategorized

 DEKATv het vanoggend ’n insetsels kom skiet oor die lang pad wat ’n boek loop wanneer dit uitgegee word en Martin Steyn se Donker spoor was die teks waarna ons gekyk het.

Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.

dekatV03

Gerard Scholtz, die aanbieder, vertoon Martin Steyn se Donker spoor aan die kykers.

dekaTv04

Die kamera fokus op Martin Steyn.

dekaTv05

Butho Ncube is geduldig, maar tegnies is hy uitstekend. Sy beligting, sy raamplasing en sy en fokusverskuiwing is besonder knap.

dekaTv08

Gerard in die masjien.

dekatV09

Butho agter die masjien.

dekaTv06

Butho fokus op my.

dekaTv02

Ek en Gerard aan die gesels.

Die foto’s hierbo is almal met ’n Canon 5DmkII geneem en die lens was ’n Canon EF16-35mm f/2.8L USM. Die meeste foto’s se tegniese detail was so iets: 1/160 f2.8 ISO3200.

Butho het ook met ’n Canon 5DmkII geskiet – op ISO640. Hy het ons gesprekke afgeneem met ’n Canon EF24-105mm f/4L IS USM. Toe het hy die groot Canon EF 70-300mm f/4-5.6 L IS USM lens opgesit en het uiteindelik sy nabyskote uit die hand geskiet met ’n Canon EF24-70mm f/2.8L USM.

* * *

dekaTv07

Die keer kon ek die ligte kies vir mý foto. Die beligting vir TV is baie anders as vir portretstudies. Hier is Martin Steyn met Donker spoor in sy hand. Ek het twee Canon Speedlight 430’s deur wit sambrele geskiet en ’n derde net bo Martin se kop geplaas om van die dak af te bons.

Canon 5DmkII & Canon EF24-70mm f/2.8L USM & Canon Speedlite Transmitter ST-E2

1/160 f2.8 ISO400 (die flitse was op +1 kompensasie gestel)

* * *

Die insetsel sal binnekort op DEKATv uitgesaai word.

Geskiet deur Steampunk Produksies

Vervaardiger: Elzilda Becker

Produksie: Melanie Tait

Aanbieder: Gerard Scholtz

Kamera, ligte en klank: Butho Ncube

Redigeerder: Barry de Jager