by

Professor Hans du Plessis is vandag 70 jaar oud.

Januarie 15, 2015 in Uncategorized

HANSgraad-een-1951

Foto: Versindaba, kliek hier vir die res.

Hans du Plessis is vandag 70 jaar oud.

Hierdie taalkundige, met ’n postdok van Harvard, is veral bekend vir sy omdigting van die Griekwapsalms. Hy het ’n slag aan my gesê dat die gewildheid hiervan eintlik ’n probleem is, want talle mense glo dit is volksbesit en gebruik die gedigte nou vir enige iets onder die son, sonder om te dink dat hy die outeur is. Hoe ook al, Innie skylte vannie Jirre het nou al meer 65 000 eksemplare verkoop.

Tog, Hans du Plessis het meer as 160 publikasies agter sy naam. Hy het al verskeie toekennings gekry en het talle jong outeurs gehelp om aan die skryf te kom.

Besoek gerus die twee foto-albums op Versindaba.

Lees ook LitNet se outeursbiografie.

Besoek ook LAPA se outeursbiografie.

En NB se outeursbiografie.

Ek dink ook Joan Hambidge se resensie oor Hans du Plessis se Inboekdeling is die moeite werd om te lees.

Hans se stuk in Spoorvat is nie te versmaai nie, hier is ’n proeseltjie.

innie_skylte_van_die_jirre

Ek weet Hans sê vandag, soos alle ander dae: “My hulp is vannie Jirre, van Hom.”

Sela.

1 antwoord op Professor Hans du Plessis is vandag 70 jaar oud.

  1. Ek is inderdaad een van daardie skrywers wat hy gehelp het om aan die skrywe te kom. Dit was 2009. Ek was uitgebrand (fisies en geestelik) na 12 jaar se gespook om ‘n lewe te maak in die korporatiewe wêreld. My ma het nog altyd geglo ek sal ‘n skrywer word al het die res van die familie gedink dit kan nie ‘n loopbaan wees nie. Maar sy het vasgebyt en my na Dr. Hans se boekbekendstelling vir “Verbrande Paradys” geneem. Ek was so ingespireer deur sy praatjie dat ek ‘n eksemplaar gekoop het met my laaste R150. Terwyl hy dit vir my teken vra hy wat ek doen vir ‘n lewe. “Ek het my werk bedank en gaan nou ‘n skrywer word,” antwoord ek. “O, so kom jy na ons herfs-skool toe?” “Hoeveel kos ek,” vra ek baie negatief. Hy sê die bedrag wat kos en verblyf insluit. “Wat van as ek van die huis af deur ry elke dag en my eie kos voorsien. Hoeveel sal dit dan kos?” vra ek. Hy kyk my vir so oomblikkie aan. “Ek sal vir jou reël om gesponsor te word,” sê hy. Ek is uit my vel uit van blydskap! Nie net omdat dit die eerste keer in my lewe is wat ek gesponsor word vir iets nie, maar omdat dit die vertrek punt van my skrywers loopbaan gaan wees! En al die lesse wat ek daar geleer het, pas ek tot vandag nog toe. Gelukkig is ek goed met notas maak. Hierdie man is my held. Sy hart is so groot! En sy talent onuitputbaar. My beker van dankbaarheid sal altyd oorloop vir hom.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.