Benny Lindelauf in Kaapstad
Oktober 19, 2014 in Uncategorized
Die Nederlandse kinder-en-jeugskrywer, Benny Lindelauf, is in die land.
Gister het ek hom Kirstenbosch gaan wys.
Hy het besluit om die blinderoete te doen – toe oë. ’n Deel van skryf, sê hy, is om te ervaar met al jou sintuie. Kyk die “blote voeten”! Hy het ’n hele ent kaalvoet geloop daar in Kirstenbosh.
Vanoggend het ons die Eggovallei bo-op Tafelberg gaan stap.
Oumansbaard. Hy is baie geïnteresseerd in teksture en in die ekologie.
Mooi. Daar is soveel om te sien op die berg.
In die kabelkarretjie.
Besoek Bennie se webwerf hier.
* * *
Benny tree Maandag (die 20ste Oktober) in Kaapstad op saam met Nanette van Rooyen. Dinsdag weer, en dié keer kom Eldridge Jason ook saam.
Vrydag die 24ste Oktober doen hy ’n werkswinkel oor skeppende skryfwerk saam met Fanie Viljoen en Jaco Jacobs in Bloemfontein. Moenie dit mis nie!
Maandag 27 Oktober sal Benny optree saam met Lisa Day, Marisa Haasbroek, Alet Steenkamp, Nerine Ahlers en Ilse Salzwedel by Sam Cooper se Waverley Biblioteek om 10:00.
Op Vrydag 31 bied hy weer ’n werkswinkel oor skeppende skryfwerk aan in Port Elizabeth saam met Heila Theron.
Daniel Hugo het al twee van Benny se boeke, DIE HEMEL VAN HEIVISJ en NEGE OOP ARMS in Afrikaans vertaal.
Benny is tans in die land as ’n gas van SASNEV. Lees hier meer oor SASNEV.
* * *
Nee, ek weet ook nie. Die man was gister by Kirstenbosch en was baie vriendelik toe ek hom vra of ek ’n foto mag neem. En aangesien Benny fiksie skryf, kan ’n mens seker maar hierdie karakter insluit. Feit is dikwels vreemder as fiksie.
spokie het gesê op Oktober 20, 2014
@izakdv
Hou van die stelling: Feit is dikwels vreemder as fiksie.
Wonderlik om te weet daar is ‘n blinderoete. Eintlik iets wat almal van ons toe-oog behoort te doen – om sintuie bietjie op te skerp.
izakdv het gesê op Oktober 20, 2014
@spokie, ek stem saam!