Jy blaai in die argief vir 2014 Augustus.

by izakdv

Met ys, ja

Augustus 12, 2014 in Uncategorized

Suid-Afrika is oor die algemeen ’n warm land, maar as dit koud word, dan bibber ’n mens maar.

Ons tydjie in die Oos-Vrystaat het saamgeval met baie lae nagtemperature. Een van die joernaliste van die Clarens News, Mary Walker, het sommige nagte -14 grade Celsius gemeet. Waar ons gebly het, was -7 nie snaaks nie.

In die berg het die watervalle gevries en waar daar nie direkte sonskyn was nie, het hulle gevries gebly.

Ek en my ma het een bitter koue oggend ’n paar foto’s gaan foto’s neem in Golden Gate.

Kliek op elke foto om dit groter te maak.

Golden Gate Frozen fall 1

Een van die talle bevrore watervalle.

Canon 5DmkII & Canon 300mm f/4L IS USM

1/320 f8 ISO800 (300mm)

 golden gate frozen river 1

Selfs lopende water is met ys bedek.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM

1/15 f8 ISO160 (16mm)

 golden gate frozen river 2

Ek het die een met ’n lang sluitersoed geneem om die vloei van die water en die ys te toon.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM

1/2 f22 ISO100 (35mm)

* * *

Vir meer inligting oor die Oos-Vrystaat, besoek gerus http://clarensnews.co.za/.

Vir meer vakansiekiekies, kliek hier.

by izakdv

Martin Steyn se Donker Spoor geloods

Augustus 11, 2014 in Uncategorized

Martin Steyn se Donker spoor is Saterdag 9 Augustus by Protea Boekwinkel op Stellenbosch geloods. Jonathan Amid het die gesprek gelei.

Martin Steyn Donker Spoor 14080001

Jonathan Amid en Martin Steyn voor die tyd.

Martin Steyn Donker Spoor 14080002

Lous Esterhuizen gee baie hoog op oor Donker spoor. Louis beweer Donker spoor is waarskynlik die beste krimidebuut in Afrikaans.

Martin Steyn Donker Spoor 14080004

Martin en Jonathan aan die gesels. Dit was ’n baie interessante praatjie.

Martin Steyn Donker Spoor 14080003

Helené Prinsloo van BooksLive het die bekendstelling gedek.

m14 08 09 stellenbosch_039a

Martin teken Adinda Vermaak se boek.

Martin Steyn Donker Spoor 14080005

Blaauwklippen het die wyn geborg.

Martin Steyn Donker Spoor 14080006

Die Blaauwklippen Chenin Blanc is lig en vol vrugte. Die Blaauwklippen Merlot is swaarder, maar daar is nog heelwat bessies in.

Martin Steyn Donker Spoor 14080007

Ingrid Woudstra en Jonathan.

by izakdv

Vakansiekiekies: Hoe oud is die rotse?

Augustus 2, 2014 in Uncategorized

Na aanleiding van die vorige kiekies, het Isa Konrad daar uit Switserland gevra hoe oud die rotse is? Hierdie foto toon die lae die beste, so kliek asseblief op die foto om dit volgrootte te sien.

Onder die foto probeer ek verduidelik.

ll11

Die rooi laag onder is moddersteen en is 200 tot 260 miljoen jaar oud. Die Vrystaat was toe ’n vloedvlakte, soortgelyk aan die Okavango vandag.

Die rooi gedeeltes is dus sediment wat oor miljoene jare neergelê is. Moddersteen is meer poreus as die lae daarbo.

Toe verander die klimaat en 40 miljoen later was die Vrystaat ’n woestyn.

Die geel laag is die sogenaamde Clarenssandsteen. Hierdie laag is 196 miljoen jaar oud. Die westewinde het voortdurend sand aangewaai en duine het gevorm, wat later versteen het.

’n Hele aantal dinosourusse het hier geleef in daardie tyd. Die mees algemene dinosourus in die streek was die Massospondylus, iets wat baie soos ’n hedendaagse sekretarisvoël gelyk en geloop het.

Toe kom die chaos. Vir 55 miljoen jaar was die Oos-Vrystaat geleë op aktiewe vulkane. Die vertikale swart vlekke en die harde bokant van die berge, is lawa. Die vulkane het uiteindelik uitgewoed en die harde kors, wat alles toe bedek het, kon stol. Die lawe is baie hard en verweer stadiger as die sagter lae daaronder.

Die foto hieronder het ek bo-op die Brandwag geneem. Daar was ’n loeiende wind toe ons daar was. Julle kan sien hoe onegalig daardie harde klip verinneweer. Let ook op hoe die ligene daarop groei.

ll34

Kliek op die foto om dit groot te maak, en kliek hier vir nog vakansiefoto’s.

* * *

Tegniese goed: Die boonste foto

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/30 f5 ISO200 (29mm)

 Die onderste foto

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/500 f5 ISO100 (16mm)

by izakdv

Vakansiekiekies: Ys in die Echo Ravine

Augustus 2, 2014 in Uncategorized

Ná ons die Brandwag geklim het (sien vorige foto’s), het ek en die geliefde in die Echo Ravine, in Golden Gate, gaan stap. Ek het gehoop om ’n bevrore waterval te kry.

(Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.)

ll32

Dié foto is geneem net voor ons in die kloof self in is. ’n Mens kan ver sien. In die middel lê Glen Reenen en regs is die Golden Gate Hotel.

Let op hoe dik die rooi laag moddersteen op hierdie foto is, met die doloriet daarbo.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/250 f9 ISO100 (16mm)

ll33

Dié foto is ’n paar honderd meter verder geneem, net daar waar die kloof begin. Die rooi moddersteen is sagter as die basalt wat bo-op lê. Dit is hoe reën, wind en ys hierdie kloof uit die berg gekalf het. Ek het geweet hier moes eens ’n rivier wees, en daarom het ek gehoop op ’n waterval.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/25 f9 ISO100 (16mm)

ll06

Nog ’n entjie dieper in, kan ’n mens ook die geel sandsteen bo die rooi moddersteen sien.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/40 f2.8 ISO100 (16mm)

ll27

Hierdie foto toon die basalt wat van die “dak” af val, of wat deur water, en vroeër ook ys, hierheen gespoel is. Die basalt is hard, so dit verweer nie so maklik nie.

Sien julle die donker, vertikale strepe? Dit is waar lawa miljoene jare gelede in die modder- en sandsteen ingeforseer is deur die geweldige druk van onder. In Engels staan hierdie pype bekend as dykes.

Let ook op die dinamiese rykwydte van die kamera. Die donker skaduwees en die helder rots vorentoe is albei belig. Jy gaan dit nie met ’n selfoon regkry nie.

Verder, as julle tegniese detail wil weet: Ek skiet in RAW en ontwikkel elke liewe foto apart. Ek pas ook die kontras aan – dikwels negatief – indien ek met sulke uiterstes te doen het. Canon se gratis sagteware (Digital Photo Professional, verskeep saam met hulle DSLR-kameras) het ook ’n landskapfunksie wat ek dikwels – nie altyd nie – aanwend in hierdie omstandighede. Ten einde laas trek ek die boonste gedeelte van die RGB-kurwe effens af en stoot die onderste gedeelte effens op. Dit is hoe ’n mens sulke kontraste op een foto kan hanteer.  (Nota bene ek skiet heeltemal neutraal, alle nodige kontrasaanpassings word in postproduksie gemaak, soos ons destyds in die donkerkamer gedoen het.)

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/40 f2.8 ISO100 (16mm)

ll07

 Net ’n entjie verder aan. Hierdie een moes ek oorbelig. Dieselfde reëls geld as by die vorige foto, maar hier het ek gekies om die lug weg te brand, sodat die skaduwees sigbaar is.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/40 f2.8 ISO100 (16mm) +1 2/3

ll28

En toe die ys! In plaas van ’n groot waterval, kom ons op ’n druppende stroompie af. Snags, met temperature in Clarens van tot -14 grade Celsius, vries die water. In die dag kom hier nie genoeg son om dit weer te smelt nie, so nuwe water vorm eenvoudig ’n yspoel. Aangesien ys uitsit wanneer dit vorm, en aangesien dit elke nag opnuut gebeur, is dit ’n onewerige, gletseragtige gesig wat ons begroet, hier in die hartjie van die Vrystaat.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/250 f4.5 ISO100 (35mm)

ll30

Hier staan ek op die rand van die ys. Ek het die foto geneem om skaal te probeer weergee.

Ja, ek het twee kameras saamgedra. Die een op die ys was met die hoop om voëls te kry (ek sal later een wys wat ek wel gekry het). Dit is die 7D met ’n Canon 70-200mm f2.8L USM + 1.4 aanpasser.

Ja, ek het die Brandwag kaalvoet geklim en ja ek het kaalvoet in Echo Ravine gestap. Ek hou nie van skoene nie; maar dit weet julle seker.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/20 f4.5 ISO200 (16mm)

ll31

iFoto met iPhone. Ja, sommer.

’n iPhone neem redelike foto’s as daar genoeg lig is, maar vrot foto’s as die lig taan. Daar is ook geen dinamiese rykwydte nie, maar in hierdie geval werk die kontraste gelukkig tot die foto se voordeel. Mense wat goeie foto’s kry met ’n iPhone sal gou baie beter foto’s neem met selfs ’n eenvoudige mik-en-druk Canon, of Nikon. Maar vir nou, hier is ’n cool foto uit ’n iPhone.

* * *

Kliek hier vir nog vakansiefoto’s.

by izakdv

Vakansiekiekies: Die brandwag

Augustus 1, 2014 in Uncategorized

Ek en die geliefde het die Brandwag in Golden Gate geklim terwyl ons in die Oos-Vrystaat was.

(Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.)

ll26

So lyk dit van bo af.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/1000 f4 ISO100 (16mm)

ll09

So lyk die klippie van onder af.

Canon 5DmkII & Canon 24-70mm f/2.8L USM lens

1/200 f8 ISO100 (30mm)

ll02

So lyk dit op pad op boontoe.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/30 f7.1 ISO100 (16mm)

ll03

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/40 f2.8 ISO100 (27mm)

ll04

Glen Reenen van bo af.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/1000 f4 ISO100 (16mm)

ll05

Die Golden Gate Hotel van bo af.

Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM lens

1/1000 f4 ISO100 (16mm)

Hier is nog kiekies van die vakansie.