by

Mooiloop in Stellenbosch

Augustus 26, 2014 in Uncategorized

Gerrit Rautenbach en Nanette van Rooyen het Saterdag 23 Augustus in die Protea Boekwinkel op Stellenbosch gesels oor Mooiloop. Dit was ’n wonderlike gesprek. As julle dit gemis het, is daar goeie nuus, Gerrit vertrek binnekort op ’n toer om die boek te bemark. Ek deel Gerrit se reisplanne hieronder.

mooiloop6

Mooiloop, mooiste reisstories

Van ons land se grootste skrywers en kenners van kortkuns is in hierdie teks opgeneem. Dít alleen maak hiervan ’n versamelstuk, maar wag tot jy die foto’s sien, dan besef jy, hier is ’n kleinood gebore.

mooiloop4

Gerrit Rautenbach.

mooiloop5

Nanette van Rooyen.

mooiloop1

Louis Esterhuizen, die bestuurder van die winkel.

mooloop8

Gerrit teken ’n boek vir Malene Breytenbach. By haar is Johan Kotze, die man wat Poeple of Stellenbosch afneem.

mooiloop3

Hier Martin Steyn, die skrywer van Donker spoor, en Johan Kotze.

mooiloop 2

Martin teken ’n kopie van sy boek.

 mooiloop wellington

Die goeie nuus is, Gerrit gaan weer oor die boek praat.

Saterdag 6 September, Breytenbach Sentrum (Wellington); RSVP [email protected]

Woensdag 10 September, Waverley Biblioteek (Pretoria); RSVP [email protected]

Donderdag 11 September, Wilge 10, Hennopspark (Centurion); Navrae [email protected]

Vrydag 12 September, Painted Words (Modimolle); RSVP [email protected]

Saterdag 13 September, Op die stoep in Nelspruit; Navrae [email protected]

En daar mag nog wees, hou Facebook dop!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.