by

Blomme

Augustus 24, 2014 in Uncategorized

(To my English-speaking friends: I visited the West Coast National Park today; click on each pic to enlarge it.)

Ek het vandag gaan blomme kyk in die Weskus Nasionale Park. Vir dié van julle wat te ver is, kliek op die foto’s hieronder om hulle groter te maak.

weskusblomme 01

Die veelheid van kleure is moeilik om oor te vertel – selfs met ’n kamera

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/400 f9 ISO100 (200mm)

weskusblomme 02

Ek het hulle teen die lig geneem, want dit is hoe hulle lyk as hulle wegkyk van jou af.

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/800 f5 ISO100 (200mm)

weskusblomme 03

Hierdie vetplantjie groei eenvoudig op ’n rots. Saam met nog ’n plantjie en ’n bietjie mos, het hulle ’n klein ekosisteem geskep.

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/320 f5 ISO100 (135mm)

weskusblomme 04

Skilpadkamera: Dis hoe Skillie die blomme sien.

Canon 5DmkII en Canon EF16-35mm f/2.8L USM

1/250 f9 ISO100 (16mm)

weskusblomme 05

Ietsie blou.

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/400 f5.6 ISO100 (200mm)

weskusblomme 06

Dit is moeilik om die geweldige oorvloed vas te lê en ek hou daarvan om ’n fokuspunt iewers in die foto te hê. Hierdie rots met die pragtige ligene is mooi genoeg om af te neem en in die agtergrond kan ’n mens die kleure sien.

Canon 5DmkII en Canon EF16-35mm f/2.8L USM

1/400 f8 ISO100 (24mm)

weskusblomme 08

Hier het ek die voorste bossie as fokuspunt gebruik en die res toegelaat om te versmelt, maar dit trek hopelik die oog na die geil oorvloed.

Canon 5DmkII en Canon EF16-35mm f/2.8L USM

1/800 f5 ISO100 (16mm)

weskusblomme 07

Al die veld is vro-ho-lik!

Canon 5DmkII en Canon EF70-200mm f/2.8L USM

1/800 f5 ISO100 (200mm)

weskusblomme 09

Hierdie vygies is sommer net mooi.

Canon 7D en Canon EF300mm f/4L IS USM

1/500 f8 ISO250 (300mm)

weskusblomme 10

Ietsie rooi.

Canon 7D en Canon EF300mm f/4L IS USM

1/500 f8 ISO400 (300mm)

6 antwoorde op Blomme

  1. tina10 het gesê op Augustus 25, 2014

    Die blomme is pragtig vanjaar

  2. spokie het gesê op Augustus 27, 2014

    @izakdv
    (My vorige kommentaar blyk verlore, miskien was opvangs in berge nie goed.)
    Ek het weer na jou blomme kom kyk – die ‘ietsie blou’ (met vliegie op blomblaar) bly vir my ‘n wenner. Netso ook ‘ietsie rooi’ – ek hou van die stingelhaartjies wat so duidelik bo op sade spog. Res is ook pragtig – skillie moes voorwaar plat op grond lê om vanuit Skillie se oë te kon sien…

  3. Weereens puik foto’s!

Los ’n antwoord vir perdebytjie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.