Kiara Lodge, Clarens
Augustus 16, 2014 in Uncategorized
Ek is steeds besig met my vakansiekiekies.
Ons het so twaalf kilometer buite Clarens in Kiara Lodge gebly.
(Kliek op elke foto om dit groter te maak.)
So lyk dit in die nag. Die sterstrepe kry ’n mens deur die lens 30 minute lank oop te hou.
Canon 5DmkII & Canon EF16 f/2.8L USM & Manfrotto driepoot & Hähnel sluiterkabel
30 minute en 49sekondes f7.1 ISO400 (16 mm)
Dieselfde heuwel, nou tydens ’n laatmiddagstappie.
Canon 5DmkII & Canon EF24-70 f/2.8L USM
1/60 f10 ISO100 (28 mm)
En so lyk die oord. Hierdie foto is geneem vanaf die heuwel in die vorige twee foto’s.
Canon 5DmkII & Canon EF24-70 f/2.8L USM
1/125 f7.1 ISO100 (24 mm)
Een van die mooi ou huise wat behoue gebly het op die perseel.
Canon 5DmkII & Canon EF24-70 f/2.8L USM
1/40 f10 ISO250 (32 mm)
Besoek gerus Clarens News (www.clarensnews.co.za) as julle meer oor die dorp en die talle moontlikhede vir akkommodasie sou wou weet.
Kliek hier vir nog vakansiefoto’s.
tina10 het gesê op Augustus 16, 2014
Pragtig soos gewoonlik.
izakdv het gesê op Augustus 16, 2014
Dankie, Tina.
perdebytjie het gesê op Augustus 17, 2014
Pragtige foto’s!
izakdv het gesê op Augustus 17, 2014
Dankie!
perdebytjie het gesê op Augustus 18, 2014
@izakdv Onthou om te pieng,anders sien ons nie jou kommentaar aan ons nie.Dis nou een van die lastige dinge hier op die werf.
izakdv het gesê op Augustus 18, 2014
@perdebytjie – Hoe pieng ek? was dit reg? Sorry, ek verstaan nie.
spokie het gesê op Augustus 18, 2014
@izakdv
30 minute aan ‘n lensopening? Sjoe. Unieke foto.
Die heuwel is pragtig in goud.
izakdv het gesê op Augustus 18, 2014
@spokie – Ja, as dit langer as 30 sekondes oophou, begin die sterre spore maak. Maar vir ordentlike spore het jy tyd nodig.
perdebytjie het gesê op Augustus 19, 2014
@izakdv Jy het dit reg gedoen! My pieng is @perdebytjie joune is @izakdv ens.Jy moet net altyd seker maak ,want soms stem die pieng nie ooreen met die skuilnaam nie.Dan kliek jy op die persoon se skuilnaam en dit gaan na die blad waar jy sy pieng kan sien.Gewoonlik is dit in rooi.Dan weet jy jy is reg.