Met ys, ja
Augustus 12, 2014 in Uncategorized
Suid-Afrika is oor die algemeen ’n warm land, maar as dit koud word, dan bibber ’n mens maar.
Ons tydjie in die Oos-Vrystaat het saamgeval met baie lae nagtemperature. Een van die joernaliste van die Clarens News, Mary Walker, het sommige nagte -14 grade Celsius gemeet. Waar ons gebly het, was -7 nie snaaks nie.
In die berg het die watervalle gevries en waar daar nie direkte sonskyn was nie, het hulle gevries gebly.
Ek en my ma het een bitter koue oggend ’n paar foto’s gaan foto’s neem in Golden Gate.
Kliek op elke foto om dit groter te maak.
Een van die talle bevrore watervalle.
Canon 5DmkII & Canon 300mm f/4L IS USM
1/320 f8 ISO800 (300mm)
Selfs lopende water is met ys bedek.
Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM
1/15 f8 ISO160 (16mm)
Ek het die een met ’n lang sluitersoed geneem om die vloei van die water en die ys te toon.
Canon 5DmkII & Canon 16-35mm f/2.8L USM
1/2 f22 ISO100 (35mm)
* * *
Vir meer inligting oor die Oos-Vrystaat, besoek gerus http://clarensnews.co.za/.
Vir meer vakansiekiekies, kliek hier.
tina10 het gesê op Augustus 13, 2014
Pragtige foto’s soos altyd
izakdv het gesê op Augustus 15, 2014
Dankie, Tina!
perdebytjie het gesê op Augustus 13, 2014
Dis wonderlike mooi foto’s!
izakdv het gesê op Augustus 15, 2014
Baie dankie!
spokie het gesê op Augustus 13, 2014
@izakdv
Pragtig! Het jy die bloue van die water meer uitgebring?
izakdv het gesê op Augustus 15, 2014
Spokie. Ek skiet net in RAW – heeltemal neutraal dus. Wanneer ek ontwikkel, stel ek altyd die wit- en swartpunte dat hulle – indien moontlik – die hele spektrum (0 – 255) dek. Ek gebruik ook dikwels Canon se LANDSCAPE-stelling wanneer ek ontwikkel, en daar word blou inderdaad bevoordeel, anders as portretstudies waar rooi weer bevoordeel word. Ek kan nie onthou dat ek noodwendig die LANDSKAP-stelling gebruik het nie, maar dis baie moontlik.
Henry @kompethenry het gesê op Augustus 16, 2014
Koud en miserable!
izakdv het gesê op Augustus 17, 2014
Henry, dit was eintlik nie so misrabel nie. Koud wel. Ja. Maar in die huis en in die bed kon ‘n mens lekker lees.