Silwerrugjakkalse baklei by ’n karkas
Julie 23, 2014 in Uncategorized
Nota Bene: ‘n Slim vriend, Jan Moodie, het ‘n paar uur ná my bloginskrywing daarop gewys dat die Canis mesomelas in Afrikaans die rooijakkals genoem word, en nie die “silwerrugjakkals” soos ek dit hier gebruik het nie. Ek behou egter my inskrywing, juis omdat die “verkeerde” naam se gereeld voorkom. Maar nou weet ek ook.
Ons wou aasvoëls in Golden Gate afneem (sien hier). Dit het min in die sak gebring, maar ons was baie gelukkig om twee silwerrugjakkalse te kry by die karkas.
Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.
Daar kom ’n uitdager aan… En toe waai die hare.
Die eerste twee foto’s is geneem met ’n Canon 7D en Canon EF 300mm f/4L IS USM
Eerste foto: 1/500 f7.1 ISO400
Tweede foto: 1/400 f4 ISO125
Die res is geneem met ’n Canon 5DmkII en ’n Canon 70-200mm f2.8L USM + 1.4 aanpasser MkII.
Die bakleifoto’s het maar ‘n paar sekondes geduur. Hulle tegniese detail sien so daar uit: 1/500 f4.5 ISO400.
* * *
Ek het ’n paar jaar gelede ook ’n paar mooi foto’s van ’n silwerrugjakkals gekry, kliek hier.
perdebytjie het gesê op Julie 26, 2014
Ek dink die deurmekaarraak met die naam,is omdat daar wel ‘n Silwervos is en omdat die Rooijakkals in Engels bekend is as Blackbacked Jackal.Dan is daar nog die witkwasjakkals wat eintlik silwer lyk…genoeg om mens deurmekaar te maak!
Mooi foto’s!
izakdv het gesê op Julie 30, 2014
Ja, gelukkig het ek slim vriende wat kan help!
frik van eeden het gesê op Julie 29, 2014
@izakdv
Ek het ‘n sagte plekkie vir jakkalse – mooi diere. Ek weet die skaap- en hoenderboere sal nie saam stem nie, maar jakkalse is besonders.
izakdv het gesê op Julie 30, 2014
Frik, dit is selde dat hulle wel sal skaap steel. Ek is ook mal oor hulle!