Jy blaai in die argief vir 2014 Junie.

by izakdv

Afrikaans by die Suid-Afrikaanse Boekebeurs (Book Fair)

Junie 10, 2014 in Uncategorized

sabf

Die Suid-Afrikaanse Boekebeurs (Book Fair) vind plaas van 13 – 15 Junie 2014 in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum.

Ek het gou Afrikaanse dele uit die program te haal. Daar is wonderlike Engelse goed ook. Chanette Paul, Mike Nicol, Michael Stanley praat byvoorbeeld Vrydag om 13:00 in Literary forum 1. Beslis iets om by te woon, al is dit in Engels. En daar is baie meer.

Vir ’n volledige program, kliek hier.

Kom loer in asseblief. Koste:

R50 pp vir volwassenes (maar dis goedkoper via Pick n Pay)

R20 pp vir pensioentrekkers

GRATIS vir mense onder 18

 

Vrydag 13 Junie 2014

11:00

Eendag op ’n reëndag

Meesterstorieverteller Wendy Maartens aan die woord

PLEK: Literary forum 2

Kinderboekskrywer Wendy Maartens se werk wissel van liriese, aktuele prenteboeke soos Prinses Mossienes en Lena se bottelboom tot vermaaklike hervertellings van bekende volksverhale en fabels in bundels soos Eendag op ’n reëndag en Die mooiste dierestories. Kom luister hoe Wendy meer vertel oor haar storiereis en die betowering en genot van stories.

 

12:00

Twee kante van die Kaap

Nanette van Rooyen en Eldridge Jason in gesprek

PLEK: Literary forum 2

Nanette van Rooyen se Ek was hier en Eldridge Jason se Gerook is albei realistiese tienerverhale wat in die Wes-Kaap afspeel. In Ek was hier word Seepunt en sy bonte mengelmoes van karakters ingespan as agtergrond vir ’n liefdesverhaal oor twee tieners wat deur middel van omgewingsvriendelike graffiti kommunikeer. Gerook delf na die donker onderwêreld van tik op ’n skynbaar idilliese klein Weskusdorpie. Hierdie twee Kaapse jeugboekskrywers tree vir die eerste keer met mekaar in gesprek oor hul werk en die Kaapse ruimte waarin dit afspeel.

 

14:00

erfenis+kos

Nëil Stemmet

PLEK: Room 1.41

Nëil Stemmet is ’n storieverteller. Hy het aan die voete van sy oupa geleer van stories. Sy passie in die lewe is erfeniskos en dat die stories oor onthou+kos vertél moet word. Omdat ons almal heengaan, is stories die enigste wat oorbly in die wêreld. Daarom ook is resepte deel van sy stories, en is suiwerder kos, soos ons uit oorvertel geërf het, so belangrik.

 

15:00

Liefde, spanning, misdaad, intrige en romanse

Wilna Adriaanse, Karin Brynard, Kristel Loots en Malene Breytenbach

PLEK: Room 1.41

Kom luister na vier van Afrikaans se merkwaardigste vroueskrywers – Wilna Adriaanse, Karin Brynard, Kristel Loots en Malene Breytenbach – wanneer hulle met Elna van der Merwe gesels oor die verskillende genres waarin hulle skryf.

 

16:00

Laaste Dans, Drienie

Steve Hofmeyr

PLEK: Literary forum 1

Steve Hofmeyr gesels oor sy nuutste boek en die inspirasie daaragter.

 

Saterdag 14 Junie

11:00

Boeke, skrywers en Afrikaans

Deon Meyer en Steve Hofmeyr

PLEK: Literary forum 2

Deon Meyer en Steve Hofmeyr in gesprek – boeke, skrywers en Afrikaans.

 

13:00

Beleef die emosie

Kristel Loots, Elsa Winckler, Jacolet van den Berg

PLEK: Room 1.41

Kristel Loots was in die 2013-Finansiële boekjaar 23 weke lank op die Nielsen-lys van Top verkopers met haar LAPA boeke. Elsa Winckler verkoop uitstekend in Afrikaans en is ’n uitblinker in Engels op Amazone. Jacolet was verlede jaar agt weke lank op die Nielsen-lyste, en is hierdie jaar weer besig om haar plekkie warm te hou daar. Hoe kry ’n mens dit reg om jaar ná jaar jou lesers se voete onder hulle uit te slaan? Lesers kan hulle gunstelingskrywers van aangesig tot aangesig kom aanskou. Chanette Paul lei die gesprek.

 

13:00

Ek is ’n Babalela!

Kom ontmoet die Babalela en luister na die stories

PLEK: Kidzone

Kom ontmoet die Babalela! Gewoonlik woon die Babalela diep, diep in die donker bos, maar ons het gevra, mooi gevra of die Babalela nie wil kom kyk na al die boeke nie … Die Babalela het ja gesê!

 

15:00

Hardebaard

Deon Meyer, Chanette Paul en Karin Brynard

PLEK: Literary forum 1

Drie van Suid-Afrika se beste misdaadskrywers deel ’n verhoog. Gou maak, plek is beperk!

 

Sondag 15 Junie

13:00

Ek is ’n Babalela!

Kom ontmoet die Babalela en luister na die stories

PLEK: Kidzone

Kom ontmoet die Babalela! Gewoonlik woon die Babalela diep, diep in die donker bos, maar ons het gevra, mooi gevra of die Babalela nie wil kom kyk na al die boeke nie … Die Babalela het ja gesê!

 

16:00

Die Baanbrekers

Marco Botha

PLEK: Room 1.42

Marco Botha, skrywer van Die Baanbrekers / Coach, ondersoek die denke, persoonlikheid en suksesse van sommige van Suid-Afrika se topafrigters. Onder hulle tel Heyneke Meyer, Ian Schwartz, Sherylle Calder, Brendan Venter, Paul Treu, Paddy Upton en Gary Kirsten. Sluit gerus aan by ’n gesprek tussen hom en van hierdie indrukwekkende sportlui.

* * *

Ek kan, terloops, nie verantwoordelikheid aanvaar vir veranderinge nie, ek probeer bloot help. Kontak liewer die organiseerders as julle meer wil weet.

 

by izakdv

Carina Diedericks-Hugo: vir my is daar ‘n subtiele verskuiwing

Junie 9, 2014 in Uncategorized

crn

Ek het Carina Diedericks-Hugo, die skrywer van die baie gewilde [email protected], in Spanje opgespoor. Hier is haar idees oor jongvolwasselit.

In die VSA is onlangs #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte?

Absoluut. Ons het nie crossover fiction nie. Ek noem dit maar oorbruggingsletterkunde. Ons YA strek eintlik nie verder as 13 tot 14 jaar nie en wat dan? Deon Meyer? Wilna Adriaanse? André Brink? Dis dan wat ons lesers verloor en hulle oorslaan na Engels. Dis NIE omdat hulle nie lees nie. Dis omdat daar niks in AFRIKAANS is vir 15 tot 18-jariges om te lees nie.

Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit?

Ek dink nie ek het ouer as 16 geword nie… Daardie mark bied soveel materiaal. Dink net aan hoe moeilik tienerwees is…

Daar is ’n verskil tussen kinderlitaratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien?

Ek het geen aanvoeling vir kinderlit nie. Ek vind kinders onder 12 baie kompleks en bo my vuurmaakplek. Ek het nie kids nie, was ‘n laatlam en tot ek 14 was, die jongste niggie. Ek connect wel baie goed met kids hier van 10/11/12. So, vir my is daar ‘n subtiele verskuiwing hier van 11/12 af. Met YA is daar beweegruimte om nie woordekonomies te wees nie en natuurlik in terme van die temas. Ek hou van avontuur met ‘n baie ligte dosis issues.

As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal julle aanbeveel?

Ek lees alles wat ek my hande op kan lê in Afrikaans, Engels, Duits en Nederlands. My gunstelinge is (en hierdie is SO Sophie’s Choice):

Koning van Katoren (Jan Terlouw)

Die verschwundene Miniatur (Erich Kästner)

Ruiters van Rondekop (Hesma Nel en Koos Botha)

His Dark Materials, die trilogie (Philip Pullman)

Matilda (Roald Dahl)

Rebecca (Wilna Adriaanse)

Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (Jaco Jacobs)

Minoes (Annie M.G. Schmidt)

Junk (Melvin Burgess) [Die boek staan ook bekend as Smack – Izak]

O, sien. Ek kan nog baie lank so aanhou! 😉