by

Carina Diedericks-Hugo: vir my is daar ‘n subtiele verskuiwing

Junie 9, 2014 in Uncategorized

crn

Ek het Carina Diedericks-Hugo, die skrywer van die baie gewilde [email protected], in Spanje opgespoor. Hier is haar idees oor jongvolwasselit.

In die VSA is onlangs #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte?

Absoluut. Ons het nie crossover fiction nie. Ek noem dit maar oorbruggingsletterkunde. Ons YA strek eintlik nie verder as 13 tot 14 jaar nie en wat dan? Deon Meyer? Wilna Adriaanse? André Brink? Dis dan wat ons lesers verloor en hulle oorslaan na Engels. Dis NIE omdat hulle nie lees nie. Dis omdat daar niks in AFRIKAANS is vir 15 tot 18-jariges om te lees nie.

Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit?

Ek dink nie ek het ouer as 16 geword nie… Daardie mark bied soveel materiaal. Dink net aan hoe moeilik tienerwees is…

Daar is ’n verskil tussen kinderlitaratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien?

Ek het geen aanvoeling vir kinderlit nie. Ek vind kinders onder 12 baie kompleks en bo my vuurmaakplek. Ek het nie kids nie, was ‘n laatlam en tot ek 14 was, die jongste niggie. Ek connect wel baie goed met kids hier van 10/11/12. So, vir my is daar ‘n subtiele verskuiwing hier van 11/12 af. Met YA is daar beweegruimte om nie woordekonomies te wees nie en natuurlik in terme van die temas. Ek hou van avontuur met ‘n baie ligte dosis issues.

As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal julle aanbeveel?

Ek lees alles wat ek my hande op kan lê in Afrikaans, Engels, Duits en Nederlands. My gunstelinge is (en hierdie is SO Sophie’s Choice):

Koning van Katoren (Jan Terlouw)

Die verschwundene Miniatur (Erich Kästner)

Ruiters van Rondekop (Hesma Nel en Koos Botha)

His Dark Materials, die trilogie (Philip Pullman)

Matilda (Roald Dahl)

Rebecca (Wilna Adriaanse)

Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (Jaco Jacobs)

Minoes (Annie M.G. Schmidt)

Junk (Melvin Burgess) [Die boek staan ook bekend as Smack – Izak]

O, sien. Ek kan nog baie lank so aanhou! 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.