by

Martie Preller oor boeke vir kleuters, kinders en tieners

Mei 20, 2014 in Uncategorized

07work0039

In die VSA is daar tans ’n promosie om die tema #IreadYA en daarop het Martie Preller so op Facebook gereageer:

Kleuters, kinders en tieners is nie vreemde spesies nie  Hulle is maar nes ons … net in ‘n ander stadium van hulle lewe. Ons was almal daar (by kleuter-, kind- en tienerwees), net in ander tye. Nie “beter” of “slegter” tye nie, net ANDER tye. Elke tyd het sy/haar eie uitdagings vir kleuters, kinders, tieners en ons!

Martie is een van ons groot, groot skrywers. Hier is ’n lys publikasies uit haar pen.

Ek het haar ook gevra om te reageer op ’n paar vrae:

In die VSA word #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte?

Ja, ek hou meer van jongvolwasselit. Die woord “jeug” het soms al ’n negatiewe kleurtjie gekry… Jongvolwasse, aan die ander kant, klink (vir my) bietjie soos die lewensstadia van die kriek… Jongmens?

Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit?

Omdat ek ook daar was en weet hoe dit voel en omdat ek weet hoeveel sulke soort boeke vir my beteken het toe ek daar was.

Daar is ’n verskil tussen kinderlitaratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien?

Ek dink mens moet alle boeke vir mense onder 18 net “jongmensboeke” noem en die ouderdomme waarvoor dit geskik is bysit; as voorbeeld: 3+ of 14+. Maar ek sien dit uit ’n skrywer se oogpunt, want as jy die boonste ouderdom ook bysit sal niemand daaronder dit wil lees nie. Omdat kinders aan die “grootword” is, is hulle sensitief om nie uitgevang te word dat hulle boeke vir “kleiner” kinders lees nie. Kinders wat sukkel om te lees sal dan (dalk) meer geredelik boeke vir “jonger” kinders (met meer eenvoudige taal) lees – ‘n plus: “grootmense” mag dalk dan ook!

Mind you, kinders sien dadelik die boek het baie prentjies en dink dis vir kleintjies. Behalwe as dit “comicboekrig” lyk.

Aan die anderkant is die ouderdomme meestal vir die ouers/kopers  bedoel, want dis hulle wat die boeke moet koop en die persone vir wie dit bedoel is, sien nie noodwendig die “ouderdom” nie – behalwe in katalogusse en waar dit uitgestal word? Die kategorieë is ook bedoel vir bemarkers, so eintlik weet ek ook nie.

As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel?

Jammer tog – dit grief my soms baie – maar ek kry nie tyd om nuwe boeke te lees nie, kan dus nie aanbeveel nie. Mens het ook net soveel tyd. Ek het al Barrie, Leon, George Weideman se boeke gelees destyds, maar dis omdat ons vriende was. Nou is almal dood of weg. Ai – ek mis hulle!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.