Using the Pen for Justice: How writers transform society
Maart 25, 2014 in Uncategorized
Kom ontmoet die man wat hierdie wonderlike spotprente teken!
Saterdag 29 Maart 14:00 – 16:00
Plek: Bibliophilia, 48 Albert Road, Woodstock
Nancy Richards, van SAFM, sal met vier skrywers gesels oor die pen en geregtigheid. Kom kuier asseblief saam en kom praat saam.
Die vier van ons wat saam met Nancy sal optree, is:
– Brandan Reynolds, wat vir Rapport, Business day en die Weekend Argus spotprente teken.
– Anastasia de Vries, skrywer en akademikus (voorheen van Rapport)
– Karin Schimke, die digter en boekredakteur van die Cape Times
– Izak de Vries, ’n b(l)ogger
Brandan sal afdrukke van sommige spotprente verkoop. Dis ‘n geleentheid, mense!
Die middag word deur Crossing Bridges Africa, gereël. Hulle werk daaraan om mense van verskillende kulture met mekaar te laat saamwerk, saam te laat kuier en saam te laat lag.
Skakel gerus met Ros Irlam vir meer besonderhede, of om te bespreek: [email protected]
‘n Donasie van R75,00 per persoon word voorgestel – dit sluit tuisgemaakte gemmerbier en eetgoed in.
LAPA Uitgewers is ’n medeborg van hierdie geleentheid.
Elly het gesê op Maart 25, 2014
As ek maar naby genoeg was.
tina10 het gesê op Maart 26, 2014
Niks gebeur hier in die Noorde
charly hardy het gesê op Maart 26, 2014
Jy sal seker vir die van ons wat ver is meer vertel na Saterdag?