by

Maar Tintin in Tibet

Oktober 27, 2013 in Uncategorized

Maar Tintin in Tibet

Dit is min dat ’n boek my heeltemal onkant vang. Maar Tintin in Tibet is een so ’n boek. Ek wil dit baie sterk aanbeveel as een van die lekkerste goedvoelboeke van die jaar. Daar is enkele punte van kritiek wat ek sal noem, maar dit neem glad nie die genot van hierdie teks weg nie. Boonop moet my kritiek getemper word, want dis ’n slimmer teks as wat ’n mens dink.

Ek is besig met ’n volledige resensie waarin ek die kritiek sal aanspreek, en weer ondermyn.

Vir nou: Koop dit en lees dit. Jy gaan tone in jou sokkies wikkel van genot.

Die boek lees vinnig en glad. Dit is spannend. Die dialoog is puik en Annelie Ferreira se vermoë om in ’n jong mens se kop te klim, is iets wat ek beny.

Soos met alle resensies probeer ek baie hard om nie die verhaal weg te gee nie, maar ek wil tog waarsku: ’n Deel van hierdie boek se genot is om heeltemal onvoorbereid in te gaan in die teks.

Dus: As jy nie jou lees wil bederf nie, gaan lees eers. Dan kom kyk jy of jy met my saamstem. Ek gaan nog ’n tydjie neem om die resensie deeglik klaar te maak, intussen kan julle maar begin lees.

En dink my ma (nou sewentig) sal dit geniet, my peetdogter (Graad 11) sal mal wees hieroor, en haar ma en pa ook.

Dit is egter nog nie iets wat my knaap (nou elf jaar oud) al sal kan geniet nie.

4 antwoorde op Maar Tintin in Tibet

  1. As ek “Tintin” sien. soek ek sy kuifie en daai wit brak…

  2. berwick het gesê op Oktober 27, 2013

    Sal bietjie lees.

  3. Elly het gesê op Oktober 27, 2013

    Dankie, gaan dit beslis kry.

  4. Gaan jou raad volg!

Los ’n antwoord vir Henry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.