by

Om DIE STEM te bevry

April 27, 2013 in Uncategorized

Google se Vryheidsdagdoodle

Die dingetjie hierbo is Google se viering van Vryheidsdag.

Ek het dit gisteraand in Athlone gevier met goeie vriende wat grootgeword het aan die verkeerde kant van apartheid. En toe draai die gesprek gedraai na “Die Stem”. Anna gaan haal Die Groot Verseboek en lees ons “Die Stem” (deur Langenhoven) as ‘n gedig. Eish. Dit was mooi. Ek het die lied grondiglik gehaat, en hulle ook, maar gisteraand, 19 jaar ná demokrasie, kon ons die woorde waardeer.

Ons het het darem ook “We shall overcome” gesing, soos in die ou dae. Want ons het. Viva!

5 antwoorde op Om DIE STEM te bevry

  1. bruggie het gesê op April 27, 2013

    Die Stem is n pragtige, kragtige, gepasde lied vir ons almal se land. As David Kramer dit in 1994 ook met Zulu woorde geskryf het, was dit almal se hartslied. NKhosi is n temerige lied vir kerkmense.
    Maar dan weer, Die Stem was destyds nodig om God Save the King
    te opponeer.

  2. tina10 het gesê op April 28, 2013

    Lekker om jou te sien. Hoop dit gaan goed?

  3. Die Stem is 1000 maal beter as dit wat nou gekerm word as volkslied en dis in elkgeval ook al lied wat ek erken as my volk se volkslied.

  4. berwick het gesê op April 29, 2013

    Ek dink nie Nkosi is temerig nie. Dit, die Stem en God Save is al drie nogal mooi.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.