Koekies vier Vigsdag
Desember 1, 2012 in Uncategorized
Hierdie spul koekies is gisteraand in ons huis gebak. Dit was alles deel van feesvieringe wat in die middestad van Kaapstad plaasgevind het. ‘n Hele aantal kerke in die middestad het hande gevat en het sáám die dag gevier.
* * *
Oor die foto: Ek het ‘n flits op my kamera gesit, maar dit só gedraai dat dit van die dak bons. Op hierdie manier kry ‘n mens op ‘n eenvoudige manier baie goeie, baie eweredige beligting. (Ek het ná die tyd in Digital Photo Professional die helder gedeeltes effens versag.)
Die lens is die wydste wat ek besit en dis met opset gebruik. Ek wou die veelheid vasvang; ‘n wyehoeklens gee hierdie perspektief wat ek nie andersins sou kon kry nie.
Canon 5DmkII, Canon 16-35 mm f2.8 L USM, Canon Speedlight 430 II
1/160 f8 ISO 400 (16 mm)
Ek het op f2.8 ook geskiet, maar dan is die randte te sag met hierdie lens.
tina10 het gesê op Desember 1, 2012
Lyk lekker.
Om kos af te neem is glad nie maklik… kan mens die ligkol links bo uitkry?
izakdv het gesê op Desember 1, 2012
Tina, as ek die flits afgehaal en op ‘n ander plek neergesit het, sou die beligtig beter gewees het. Met hierdie geweldige wye hoek wou ek egter die voorste lot duidelik kry en was nie te hartseer om die agterste klomp ‘n bietjie te verloor nie.
madhatter het gesê op Desember 1, 2012
‘n Wonderlike gebaar. 5 Sterre vir julle!
izakdv het gesê op Desember 2, 2012
Dankie. Die applous gaan aan die mense wat dit gemaak werk het – my vrou was een van hulle.