by

Rigtingbedonnerd

Augustus 23, 2012 in Sonder kategorie

Koop as sagteband.

Koop as e-boek.

 

Ek was vanaand by die bekendstelling van Fred de Vries se nuutste publikasie Rigtingbedonnerd.

 

Nee. Ons is nie familie nie. Hy kom uit Rotterdam. Ons ken mekaar ook nie eintlik nie. By ons laaste ontmoeting het Fred my as ’n winkelassistent gesien en so behandel ook. Ek het natuurlik rustig saamgespeel en vir hom die boeke help soek wat hy wou hê. Ek is ook een van die miljoene Afrikaanssprekendes met wie Fred nie ’n onderhoud gevoer het nie.

 

Johan, die bestuurder van The Book Lounge

 

Hoe ook al. Ek dink Fred het werklik gesoek na antwoorde. Die Nederlandse arrogansie is al effens afgewerk.

 

Dana Snyman was baie positief oor die boek. Dana is nie ’n ou wat huiwer om sy bek oop te maak nie, so, as Dana sê dis goed, voel ek gemaklik daarmee.

 

Die boek is oorpronklik vir ’n Nederlandse gehoor geskryf, toe het Tafelberg hom genader om dit ook in Afrikaans uit te gee. Zandra Bezuidenhout het die vertaling na Afrikaans gedoen.

 

 

 

Toast Coetzer van Buckfever Underground was ook daar. Fred het baie geleer by Afrikaanse musikante.

 

Ek wil dit ook nou lees en beoog ’n behoorlike resensie. Ek het egter gehou van wat hy gesê het by die bekendstelling in The Book Lounge.

 

* * *

 

Oor die foto’s: Ek ken The Book Lounge, so ek het geweet hoe ver ek van Fred en Dana sou wees.

Ek het toe my Canon 7D geneem en ’n Canon 85mm f1.8 USM lens. Die 1.8-lens maak dat ek in lae lig goeie foto’s kan kry. Dit is ook ’n skerp lens.

 

Die 7D is goed in lae lig en fokus maklik met hierdie lens. Wat meer is, die 1.6 sensor maak van hierdie lens ’n baie nuttige 136 mm telefoto – met ’n 1.8 in die gat. Baie positief.

 

Ek het toe op AV (f-stopvoorkeur) geskiet en eenvoudig alles op 1.8 geskiet. Ek het die kamera toegelaat om ’n eie ISO te kies.

 

Van die foto’s het ek met 1 stop oorbelig, want Dana en Fred het voor ’n groot venster gesit met die lig van agter. Ek het nie ’n flits gebruik nie.

12 antwoorde op Rigtingbedonnerd

  1. Die titel en die illustrasie op die voorblad is treffend..laat mens lus kry om meer te weet.

  2. TS het gesê op Augustus 23, 2012

    Sal dit eers deurblaai…ek doen nie arrogante mense nie en boikot dan uit protes

  3. alleman het gesê op Augustus 23, 2012

    My kopie van die boek is totaal verkeerd gebind, met sommige bladsye op die verkeerde plek, en ‘n groot klomp heeltemal AWOL.
    Wat baie jammer is, want die boek begin heel meevoerend.

  4. rewaco het gesê op Augustus 23, 2012

    resenseer seblief die boek, izak. ek sal graag hoor wat jy dink.

  5. Izakdv het gesê op Augustus 23, 2012

    Sy praatjie het my lusgemaak.

  6. Izakdv het gesê op Augustus 23, 2012

    Ek dink hy het moeite gedoen om te luister. Dis beslis die idee wat ek kry. Sal maar moet lees!

  7. Izakdv het gesê op Augustus 23, 2012

    Neem jou boek terug na die winkel waar jy dit gekoop het. Hulle sal met Tafelberg se agente skakel.

  8. Izakdv het gesê op Augustus 23, 2012

    Ek sal so maak!

  9. Vetjan het gesê op Augustus 23, 2012

    Sal die boek moet lees.

    Liewe land Izak, behalwe die 5D nog ‘n 7D ook!

  10. Sal ook graag die boek lees na jou interessante voorstelling hierbo!Weet net nie of ek lus is vir buitestander wat weer ‘n mondvol het oor die Afrikaner.Moet egter self lees voor ek tot ‘n gevolgtrekking kom.

  11. Izakdv het gesê op Augustus 27, 2012

    Ek het gehou van wat hy gesê het.

    (Alles 2dehand gekoop, Petrus.)

  12. Izakdv het gesê op Augustus 27, 2012

    Ek dink ek was ook skepties, maar dit klink of hy werklik wou luister.

Los ’n antwoord vir rewaco. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.