Waterfotos: Drakensberg 2012
April 15, 2012 in Sonder kategorie
Ek is nou eenmaal lief vir daarvoor om water af te neem. Jy kan jou driepoot opstel en vier foto’s ná mekaar neem en nie een sal dieselfde wees nie. Die wetenskaplikes praat van die chaosteorie. My geleerde vriend, Awie, het my dit al probeer verduidelik, maar ek weet nie of ek dit kop nie.
1.3s f22 ISO100 (16mm)
1/6 f13 ISO100 (16mm)
Ek het hierdie foto eerste twee foto’s voor sonop gaan neem, anders is daar gewoon te veel lig.
Dié een het nie eens ’n naam nie. Dis sommer langs die pad geneem, so ongeveer 30 km van Nottingham Hill af.
Hierdie een staan net bekend as “Die Waterval” – dis ongeveer vyf kilometer van die Loteni ruskamp af – ’n lekker stappie, en die moeite werd.
Hierdie een staan bekend as “Jacob’s Ladder”.
Die res van my gesin ontspan net onder die tweede val van “Jacob’s Ladder.”
Die waterval net langs die Boesmansnekgrenspos.
HeavyHenry het gesê op April 15, 2012
Nice!
rewaco het gesê op April 15, 2012
mens hoef dit nie kop nie, net te geniet. which you obviously do.
benvanbruggen het gesê op April 15, 2012
Ek gaan hierdie blog vir my dogter in gryse ou Holland stuur.
riem_mamba het gesê op April 15, 2012
Baie mooi!!
Izakdv het gesê op April 15, 2012
dankie
Izakdv het gesê op April 15, 2012
ware woorde, reney
Izakdv het gesê op April 15, 2012
ek hoop sy geniet dit!
Izakdv het gesê op April 15, 2012
dankie!
avega het gesê op April 15, 2012
Voedsel vir die siel.
Geitjie1 het gesê op April 15, 2012
Pragtige foto’s!
smella het gesê op April 16, 2012
wens ek daar bly, vir altyd………………
CelesteDumas het gesê op April 16, 2012
Bly jy deel die mooi fotos. was lank gelede by Loteni, en dit wek goeie herinneringe op.
Berwick het gesê op April 16, 2012
Wow!
Izakdv het gesê op April 16, 2012
ek het ook so gedink!
Izakdv het gesê op April 16, 2012
dankie
Izakdv het gesê op April 16, 2012
Dis inderdaad so ‘n plek…
Izakdv het gesê op April 16, 2012
Jy sal maar weer moet gaan!
Izakdv het gesê op April 16, 2012
Dankie, Berwick
Izakdv het gesê op April 21, 2012
dis wonderlike plekke om foto’s te kry. bly julle het dit ook geniet.