Landskapfoto’s: Drakensberg 2012
April 15, 2012 in Sonder kategorie
Ja, goed, ek werk te hard, maar ek was darem ook met vakansie. Ons was vir ’n paar dae in Loteni, in die suidelike deel van die Drakensberg.
Die heuwels was mooi groen. Hierdie foto is ongeveer 30 km buite Nottingham Hill geneem.
Die uMkhomazi
Die brug oor die uMkhomazi
Op pad na Loteni
Naby Syme’s Cottage
Die ruskamp by Loteni.
loudavisi het gesê op April 15, 2012
In die tweede foto lyk die water of dit geskilder is. Dis so mooi daar – gaan ook nog eendag Drakensberge toe.. ; )
TS het gesê op April 15, 2012
Bly julle het dit geniet…
Die foto’s is donker?
monicahaddad het gesê op April 15, 2012
Ons bly darem in ‘n mooi land! Die boonste foto sal ‘n fantastiese legkaart maak…..
frikve het gesê op April 15, 2012
Ek is verslaaf aan die Drakensberge. Oor twee weke gaan ek weer rondklouter naby Monk’s Cowl – kannie waggie!
benvanbruggen het gesê op April 15, 2012
Hoog tyd, Lou
benvanbruggen het gesê op April 15, 2012
Daai brug laat my dink aan die TV advertensie waar
die wittejie en die Taxi so oor beleefd was.
HeavyHenry het gesê op April 15, 2012
Nice foties!
HeavyHenry het gesê op April 15, 2012
Mens sal sukkel met daai een!
monicahaddad het gesê op April 15, 2012
Presies, wat is nou fun aan ‘n maklike legkaart?
Izakdv het gesê op April 15, 2012
Dit was vir my ‘n besonderse gesig, Lou. Julle moet gaan!
Izakdv het gesê op April 15, 2012
Ek stem saam, Bruggie
Izakdv het gesê op April 15, 2012
Dankie!
Izakdv het gesê op April 15, 2012
Hallo Tina
Ek hou van kontras in my foto’s. Die probleem is wel dat sulke klein foto’s soms moeiliker lees as groot foto’s.
Ek stel die wit- en swartpunte, en sal dikwels die “midtones” nog stel, of die kontras effens opstoot. Ek skiet egter in RAW – met ‘n geheel en al neutrale stelling. Juis sodat ek in POSTproduksie kan besluit oor die ontwikkeling.
Izakdv het gesê op April 15, 2012
Hallo Monica en Henry. Dit sal werk!
Izakdv het gesê op April 15, 2012
Geniet dit, Frik!
Izakdv het gesê op April 15, 2012
Ek stem!
HeavyHenry het gesê op April 15, 2012
Ek sukkel as daar meer as 16 stukke is…
Izakdv het gesê op April 15, 2012
Dankie!
Izakdv het gesê op April 16, 2012
ek ook 😉 gelukkig is daar slimmer mense.
HeavyHenry het gesê op April 17, 2012
🙂
Madhatter het gesê op April 20, 2012
Dis darem baie, baie mooi.
Izakdv het gesê op April 21, 2012
Dankie, die omgewing is inderdaad besonders.