by

’n Lyf onthou

Maart 12, 2012 in Sonder kategorie

Riette Rust se debuutkortverhaalbundel, ’n Lyf onthou, is Woensdag 7 Maart bekendgestel by die Woordfees op Stellenbosch. Die bekende Rapport-joernalis, Marlene Malan, het met haar gesels. Hulle het ook oor Riette se niefiksieteks, Lang Bene & Lipstiek gesels.

 

Dit was ’n heerlike, ligte gesprek, hoewel ’n aantal ernstige sake ook aangeraak is.

 

“Het ek ook erotiese kapitaal?” wou Marlene op ’n stadium by Riette weet.

 

Erotiese kapitaal gaan oor meer as bene en borste, beweer Riette. Dit gaan ook oor voorkoms en detail. Die blomme in Riette se hare pas spesifiek by Woordfees 2012 se Groen­-tema.

 

’n Lyf onthou het fluks verkoop. Hier gesels Riette met ’n bewonderaar ná die tyd.

2 antwoorde op ’n Lyf onthou

  1. TS het gesê op Maart 12, 2012

    Sug… ek het my erotiese kapitaal 20 jaar gelede verloor… suuuuggggg

  2. Izakdv het gesê op Maart 12, 2012

    Dit was ongeveer die jaar toe ek my hare verloor het 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.