Bek sonner brieke
Maart 11, 2012 in Sonder kategorie
Elias P. Nel het Dinsdagaand gaste vermaak by Woordfees 2012.
Hier is hy saam met Dorothea van Zyl, die koördineerder van die fees.
Oompie Goltros is die verteller in Elias se boek Bek sonner brieke. Oompie Goltros was Dinsdagaand self op die verhoog.
Bo en behalwe die puik vertoning deur oompie Goltros, is die gaste ook vermaak deur die rieldansers van Betjiesfontein.
Die eienaar van De Vette Mossel, Niël du Bois, is self ’n puik storieverteller. As julle nog nie ’n vertoning en ete by De Vette Mossel beleef het nie, moet julle volgende jaar gaan. Die kos is gewoon fantasties. Daar was iets soos ses gange. Dis werklik ’n belewenis.
loudavisi het gesê op Maart 12, 2012
Die Betjies van Elizabethfontein is wyd bekend.
Volgende jaar SAL ek Woordfees toe kom…
HeavyHenry het gesê op Maart 12, 2012
Klink na lekker paartie!
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
Hallo het die 2010-prys gewen, Lou. Sien jou volgende jaar!
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
Dit was!