Gesien in Protea se tentwinkel by Woordfees 2012
Maart 6, 2012 in Sonder kategorie
Puik personeel,
en puik boeke.
Oktober was Protea se topverkoper in Februarie. Kom luister môre (Woensdag) om 10:00 in die Erfurthuis hoe Reney Warrington hieroor gesels.
Woensdagaand om 17:00 praat Riette Rust oor haar nuwe kolligdief ‘n Lyf onthou en oor hierdie een, Lang bene en Lipstiek. Beslis die moeite werd. Riette tree op in die Boektent.
* * *
Vir die kameramense. Ek het die boeke afgeneem met ‘n 85 mm 1.8 Canon lens. En ek het opsetlik op 1.8 geskiet. Op hierdie manier kry ‘n mens daardie baie fyn strepie waar alles in fokus is, die res nie.
Perdebytjie het gesê op Maart 6, 2012
Dis ‘n goeie tip.Jou laaste foto is baie interessant met die dowwe en skerp dele!Ek geniet jou foto’s!
VozSola het gesê op Maart 6, 2012
Hola’s,
Een van elk, dankie!!!
(ons wag vir ‘n Woordfees in Pretoria….jy weet, daai een wat julle nog eendag vir ons moet reël)
TS het gesê op Maart 12, 2012
Die Sprakeloos foto is treffend
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
Dankie! Ek is bly.
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
Dalk moet ons ‘n plan maak, ja! Daar is reeds een op die TUKS-kampus, maar dis nie Melt wat dit laat gebeur nie!
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
Dankie, Tina