My geliefde en CANSA
Maart 3, 2012 in Sonder kategorie
Jip, dis my geliefde dié. Cool, nie waar nie?
1/200 f4 ISO 100 (50 mm)
Dit is weer die jaarlikse “Shavathon”. My lief het haar hare geskenk aan CANSA, want hulle maak pruike daarvan.
Hier is ’n voor-en-ná-foto. As julle wil weet hoe, lees aan.
Ek het albei foto’s in die ateljee geskiet. Met die voor-foto het ek drie flitse gebruik. Die derde een moes eenvoudig net die wit muur heeltemal wit brand.
Ek het toe die ná-foto as ’n tweede vlak (layer) oor die eerste gesit en die hele agtergrond uitgevee. So die wit van die eerste foto is wat julle sien. (Dis baie makliker om só ’n gestroomlynde kop van ’n agtergrond te ontneem as om met ’n klomp hare te sukkel!
Albei foto’s is op 35 mm geneem, die ná-foto is effens nader aan die kamera as die voor-foto.
Tegniese goed:
– Canon 7 D & Canon 24 – 105 L IS USM
– Gesig belig met 2x Canon Speedlight 430 EX-flitse wat deur wit sambrele geskiet is.
– Met die voor-foto het ek ’n derde Canon Speedlight 430 EX gebruik om die wit agtergrond weg te brand.
– Albei se spesifikasie: 1/200 f4 ISO 100 (35 mm)
avega het gesê op Maart 3, 2012
Ek bewonder haar! Ons het die laaste twee weke ‘n erg emosionele tyd deurgegaan toe my skoonpa met slukdermkanker gediagnoseer is (wat reeds na rugmurg versprei het)
Ek wou my hare laat afsny, maar my dogter wat vandag die Shavathon hier in Kathu georganiseer het, wou nie. (Sy werk vir KANSA) Dis die eerste keer dat terminale kanker iemand so naby aan ons tref. Maar ek moet sê dit pas jou vrou se mooi beenstruktuur en haar lang hare sal gebruik kan word vir ‘n lieflike pruik..
Izakdv het gesê op Maart 3, 2012
Hi Vega. Baie sterkte, jong. My vrou se ma is ook aan kanker dood, so ons weet. En ‘n goeie vriendin het onlangs borskanker oorleef. Maar ek dink ook sy lyk pragtig.
Izakdv het gesê op Maart 3, 2012
Dankie. Die oorbelletjies het ek vir haar gegee op een van ons troudagherdenkings.
Izakdv het gesê op Maart 3, 2012
Sy het gewik en geweeg, maar na sy gesels het met mense wat hulle hare verloor het weens kanker, was dit gou-gou af.
Boekemakranka het gesê op Maart 3, 2012
Lidia het ook mos, maar verlede week al.
rosiemetdorings het gesê op Maart 4, 2012
sterre is vir jou vrou
loudavisi het gesê op Maart 4, 2012
Sy is pragtig, Izak!
Geluk met ‘n stunning vrou wat so ‘n pragtige haardos opgeoffer het.
TS het gesê op Maart 4, 2012
Wow Baie geluk…
Ek hou meer van die voor foto… die na foto het dalk te veel skadu op die voorkop Ek hou egter van die lig in die nek
KARINBRYNARD het gesê op Maart 4, 2012
Izak, wat ‘n dapper meisie. En ‘n mens weet nie hoe erg die verlies aan hare is nie – veral vir ‘n vrou!
Izakdv het gesê op Maart 4, 2012
Ek het Lidia se foto op FaceBook gesien, ja.
Izakdv het gesê op Maart 4, 2012
Dankie, ek sal so sê.
Izakdv het gesê op Maart 4, 2012
Dankie, ek dink ook sy’s pragtig.
Izakdv het gesê op Maart 4, 2012
Jy is ‘n goeie fotograaf. Ek moes eintlik die derde flits hier ook gebruik het. Ek stem saam!
Izakdv het gesê op Maart 4, 2012
Dis juis oor haar ma en ‘n goeie vriendin van ons hulle hare verloor het, dat sy dit gedoen het.
louisna het gesê op Maart 4, 2012
Izak, sê vir jou vrou ouboet en die hele blogland is baie trots op haar.
HeavyHenry het gesê op Maart 4, 2012
Nice!
Izakdv het gesê op Maart 4, 2012
Dankie, Ouboet. Ek het vir haar gewys.
Izakdv het gesê op Maart 4, 2012
Dankie, ek dink ook so!-)
Modigliani het gesê op Maart 5, 2012
Dit is amazing!!!
Ek haal my hoed af vir jou vrou!!!!!!
Aproqueen het gesê op Maart 5, 2012
Met my dogter wat deur chemo en ‘n voledige mastektomie moes gaan, waardeer ek elke persoon wat sy deel doen teen kanker.
Doubtingthomas het gesê op Maart 5, 2012
Sy hét guts, jy kan trots wees op haar!
Izakdv het gesê op Maart 5, 2012
Dankie! Ek sal haar sê.
Izakdv het gesê op Maart 5, 2012
Dankie. Haar ma is dood aan kanker, so ons ken dit.
Izakdv het gesê op Maart 5, 2012
Dankie! Ek is.
Perdebytjie het gesê op Maart 6, 2012
Jou vrou is pragtig,met en sonder hare!Ek sal dit nie regkry om my hare af te sny nie..ek dink sy’s baie dapper!
Madhatter het gesê op Maart 6, 2012
Kanker is erg. Al hoe meer mense sterf daaraan. Net hierdie week alweer 2 in ons vriendekring. Knap gedaan aan jou vrou.
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
ek dink ook sy lyk pragtig
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
dankie! Ja, dis hoekom sy dit doen.