Twee ure van wonderlike vermaak en ’n puik maaltyd!
Maart 1, 2012 in Sonder kategorie
Sommige sê hy is die Noordkaap se antwoord op Oom Schalk Lourens
Sommige sê sy skryfwerk herinner aan Herman Charles Bosman
Al wat ons weet is … hy is Elias P Nel
Elias gaan op Dinsdag 6 Maart om 18:00 ’n onvergeetlike vertoning lewer. Ek het al grepies daarvan gesien, en ek gaan beslis daar wees. My kaartjies is reeds gekoop.
Wat meer is, daar is ’n wonderlike maaltyd ingesluit in die prys van die kaartjie. Jip vir die prys van ’n teaterkaartjie, kry jy ’n volledige maaltyd ook.
En dis nie al nie. Betjiesfontein se rieldansers gaan ook daar wees. Hulle was die 2011-wenners van die ATKV-rieldanskompetisie.
Kom ontspan Dinsdagaand om 18:00 by De Vette Mossel op Stellenbosch. Dit gaan ’n onvergeetlike aand wees.
Bespreek by Computicket. Hier is die skakel.
http://online.computicket.com/web/event/bek_sonder_brieke/520057456/0/40650124
loudavisi het gesê op Maart 1, 2012
Die Betjiesfonteiners neem jaarliks aan ons skool se eisteddfod deel. Ek mis hulle nooit nie! Hulle is uitstekend.
Aproqueen het gesê op Maart 5, 2012
Izak jy weet seker waarvoor die ‘P’ in Elias P Nel staan? “Poenatjies”.laat hy jou tog die storie vertel… te oulik
Madhatter het gesê op Maart 6, 2012
Ag julle da innie Kaap maak my so jaloers. Lyk altyd of julle sulke lekka dinge doen.
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
Hulle is wonderlik
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
Sal moet mooi uitluister!
Izakdv het gesê op Maart 12, 2012
Ons is gelukkig!