by

Wederkoms

Mei 21, 2011 in Sonder kategorie

Aangesien die Skape en die Bokke oor ongeveer vyf uur geskei gaan word, kon ek nie anders nie as om weer hierdie wonderlike gedig van Loftus Marais te gaan opsoek, uit Staan oor die algemeen nader aan vensters.

Geniet dit, en sien julle môre.

Wederkoms

 

en wanneer die ramshorings blaas

en die hele wêreld terugtrek na jerusalem

in gypsy-karavane en campers

sal ek my mooi maak

regmaak

ek sal my sondes soos juwele dra

want hulle is m‎ýne

my gitrok sal skitter

’n parfuum van skande en swael

sal om my hang

en wanneer ek voor Hom moet staan

sal ek verwyfd curtsy

en Hom netjies verduidelik

dat my catsuit

(opgevou in die groot tas langs my vanity case)

fire-resistant is

4 antwoorde op Wederkoms

  1. TS het gesê op Mei 21, 2011

    Dit bly ‘n aangrypende gedig.

    Het jy Roepman van Jan van Tonder gelees?

  2. Izakdv het gesê op Mei 22, 2011

    Ons wag op die Kaptein…

  3. Izakdv het gesê op Mei 22, 2011

    Ek het Tina, en ek wil bitter graag die film gaan sien. Dit is blykbaar puik.

  4. TS het gesê op Mei 22, 2011

    Ek het dit gister gesien. Doen gerus moeite. Sal graag wil weet wat jy sê – wel miskien is jy bietjie jonk maar nogtans.

Los ’n antwoord vir TS. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.