by

Christa Jonker-Jordaan

Mei 19, 2011 in Sonder kategorie

Trisa Hugo, van Boememakranka, het laat weet Christa Jonker-Jordaan is gister in ’n motorongeluk oorlede.

 

Christa was ’n skrywer van Boeke soos Chilli-Lipstiek, Chilli-Lipstiek 2 en Oudword is nie vir sissies nie (daar is een vir mans en een vir vroue).

 

Ek het Christa Jonker-Jordaan se skryfvernuf self beleef op ’n vlug van Johannesburg af Kaap toe. ’n Mooi meisie het langs my kom sit, ’n boek uitgehaal, en begin lees.

 

Sy was seker so sestien, en het my oom genoem. (Sug.) Maar Chilli-Lipstiek 2 het gemaak dat sy bitter min vir hierdie oom te sê gehad het. Die stories is op die meisie af, draai nie doekies om nie en … het ’n lessie iewers weggesteek.

 

Haar boeke is te koop op Kalahari, onthou dit as daar ’n tienermeisie in jou lewe is – of as jy begin oud word en oom genoem word!

5 antwoorde op Christa Jonker-Jordaan

  1. Maankind2 het gesê op Mei 19, 2011

    Ky op my blog die ironie van een van haar gedigte.
    http://blogs.litnet.co.za/Maankind2/hoe-ironies-is-die-lewe

  2. KARINBRYNARD het gesê op Mei 19, 2011

    O hemeltjie, Izak. Dis erg!

  3. Izakdv het gesê op Mei 22, 2011

    Dankie vir alles, Maankind!

  4. Izakdv het gesê op Mei 22, 2011

    Inderdaad, Karin

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.