by

Roger Hargreaves

Mei 9, 2011 in Sonder kategorie

 

Mr Bump in ’n Google-Doodle

 

Roger Hargreaves is op 9 Mei 1935 gebore. Google het ’n groot aantal Google-Doodles gemaak om dit te vier. Gaan na Google se soekblad. Jy sal een sien. Refresh, en elke keer wat jy refresh druk, sal ’n nuwe een verskyn. Ek het ’n klompie gesien – The Guardian, in Engeland, beweer egter daar is minstens sestien.

 

Hargreaves het aanvanklik in sy pa se besigheid gewerk, daarna vir ’n advertensiemaatskappy. Sy droom was om ’n spotprentkunstenaar te word.

 

Volgens oorlewering het sy reeks karakters begin toe sy seun eendag vra: “What does a tickle look like?”

 

 

Mr Tickle, met die lang rubberarms, het ontstaan. En daarmee saam ’n hele familie.

 

Mr Tickle het ’n boek geword, en niemand wou dit uitgee nie. Wys jou net! Uiteindelik het ’n uitgewer die waarde daarvan gesien. Vandag is daar reeds meer as 100 miljoen Hargreaves-boeke verkoop.

 

Chorion het, na sy dood, die regte op sy werk bekom. Hier is die amptelike webruimte wat hulle geskep het.

8 antwoorde op Roger Hargreaves

  1. Neander het gesê op Mei 9, 2011

    Ook vanoggend gesien.

  2. bigbigjoe het gesê op Mei 9, 2011

    Bargain Books sal vir jou n hele 50-boek boksstel kry teen R20 per boek, Izak. In my huis is hierdie’s op die oomblik die heel-heel-laaste voor-ons-gaan-slaap storie.

  3. VozSola het gesê op Mei 9, 2011

    …klink my daar is dalk ook ‘n paar onontdekte bloggers wat lekker hier tussen ons skuil…en hulle self weet dit nie eers nie.

    Wys jou nou-net…

  4. TS het gesê op Mei 9, 2011

    mmmmmmmm

  5. Izakdv het gesê op Mei 22, 2011

    Is oulik.

  6. Izakdv het gesê op Mei 22, 2011

    Ek gaan opvolg hierop, Joe, dankie.

  7. Izakdv het gesê op Mei 22, 2011

    Inderdaad

  8. Izakdv het gesê op Mei 22, 2011

    hmmm?

Los ’n antwoord vir bigbigjoe. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.