Jy blaai in die argief vir 2011 April.

by izakdv

Hier sit die manne by die KKNK

April 14, 2011 in Sonder kategorie

Johan Badenhorst, die skrywer en vervaardiger van Voetspore, het elke dag ’n paar manne uit die kwaad gehou deur hulle te leer 4×4 ry. Tot my en Johan se vreugde was die Krit-resensent van dié petalje vroulik.

 

 

Hier is Johan aan die gesels met met nóg ’n sterk vrou.

 

 

Johan ry Toyotas, soos hierdie Arctic Trucks.

 

 

Vir die tweewielmanne het Harley-Davidson ook ’n oplossing gehad…

 

 

…selfs as jy nie die grootpad wou vat nie!

 

by izakdv

Savage Polisiemotors op 5FM

April 14, 2011 in Sonder kategorie

As julle jonk van gees is, moet julle vanaand 22h30 – 23h00 luister hoe Jon Savage gesels met Annie Klopper oor Biografie van ’n bende: Die storie van Fokofpolisiekar.

Die boek is te koop by Kalahari.net.

Ook by Exclus1ve’s aanlyn.

En by Protea se aanlynwinkel.

by izakdv

Kiekies van die KKNK

April 13, 2011 in Sonder kategorie

 

Ek was die vakansie by die KKNK. ABSA is natuurlik die naamborg…

 

 

…en volstruisprodukte is prominent te sien.

 

Anton Goosen praat van die Boerebasaar. Mag wees, maar jy gaan nie in Edinburgh ’n steak roll koop met koedoe in spermsous nie. (Lekker, ek het dit probeer.)

 

 

Die askoektannies was bobaas. Njannies!

 

Die Boere kan ook’ie spel’ie.

 

 

Maar as jy gaan vir kuns, fantasties. Soos Philip de Vos en Tertia Visser-Downie se optrede. Dit was wêreldklas.

 

 

Natuurlik is daar baie vir die kinders ook. Haai, oe, Blommie!

by izakdv

Lag saam op RSG

April 11, 2011 in Sonder kategorie

Op Dinsdag 12 April om 22h00–22h30 lees Philip de Vos van sy limerieke voor op die RSG-program Vers en Klank.

Die man skryf die heerlikste, snaaksste (en soms stoutste) versies vir die volwasse luisteraar wat jonk van gees is – soos Philip.

Luister en lag saam!

by izakdv

Nuus vanaf KKNK

April 6, 2011 in Sonder kategorie

HOEDENS met Richard Antrobus en Tristan Jacobs (regie deur Pieter Bosch Botha) is puik mimmiekkuns. Ideale gesinsvermaak. Dit vertel ’n verhaal sonder woorde. Die stuk begin snaaks, maar eindig baie roerend.

 

 

RUMPSTEAK met Gaëten Scmid het ook fantastiese kritiek gekry. Ek het met Scmid gesels, maar kon nie die vertoning inpas nie. Gaan namens my!

by izakdv

LOT by die KKNK

April 5, 2011 in Sonder kategorie

LOT deur Nicola Hanekom is ’n vreemde drama, maar gaan beleef dit. Hulle gebruik ’n hele Karookoppie as verhoog.

by izakdv

Amandla! By die KKNK.

April 5, 2011 in Sonder kategorie

Net Amanda Strydom kan een oomblik liefde maak met ’n mikrofoonstand en die volgende oomblik lei sy ’n gehoor in gebed.

by izakdv

Izak by die KKNK

April 4, 2011 in Sonder kategorie

Ek het die eerste vertoning van Philip de Vos “Kindertonele” en Tertia Visser-Downie se “Prente by ’n uitstalling” by die KKNK bygewoon en dit was wonderlik. Die kritici is gaande daaroor. Julle moet dit asseblief gaan bywoon.