by

Kiekies van die Addo V

April 25, 2011 in Sonder kategorie

Ek het al baie sebras afgeneem, maar kyk hoe mooi is hierdie een se maanhare!

 

So ’n pragtige koedoebul laat my altyd ’n oomblik lank in totale verwondering.

 

Ek en my seun noem hulle “vervlakste varke” – eintlik is hulle vreeslik interessant en die ma’s is baie goed met hulle kroos.

 

Hierdie ou moet al lank in die tand wees. Een van sy voorsate, genaamd Domkrag, had die nuk om onder toeriste se motors in te wikkel en hulle dan op te tel! Domkrag se dop kan deesdae gesien word in die hoofkamp.

14 antwoorde op Kiekies van die Addo V

  1. Domkrag, dis nou ‘n goeie naam vir ‘n skillie..of bok voorspeler. Mooi fotos en dankie dat jy dit deel..en my lus maak.

  2. TS het gesê op April 25, 2011

    mooi sebra

  3. diefotoman het gesê op April 25, 2011

    Mooi foto’s, het jy hulle so close geneem of later so gecrop?

  4. Jissie, Izak. Jy’s ‘n voorslag natuur-fotograaf! Ek kry nou so lus vir Addo … ons is regtig bederf met die natuurparke, ne?

  5. Izakdv het gesê op April 25, 2011

    Ons soek ‘n lekker domkrag daar in die enjinkamer, nie waar nie?

  6. Izakdv het gesê op April 25, 2011

    Dankie, Tina.

  7. Izakdv het gesê op April 25, 2011

    Hallo, Spook. Nie gecrop nie. Ek sal my geheim met jou deel: converters. EK weet almal sê jy moenie, maar ek skiet met hierdie twee kombinasies: 300mm f4 L IS + 1.4 converter, en 70 – 200 mm f2.8 L + 2x converter. Dis harde werk, maar die moeite werd. En – alles is tweedehands gekoop, my salaris is goed, maar nie so goed dat ek hulle kan nuut koop nie!

  8. Izakdv het gesê op April 25, 2011

    Dankie, Karin. Ons is voorwaar bederf!

  9. gobetween het gesê op April 25, 2011

    Dit lyk asof die Zebra eers sy maanhare gekam het voordat die foto geneem is. Die vlakvarke is vir my baie oulike. Pragtige fotos.

  10. Izakdv het gesê op April 25, 2011

    Hallo, gobetween. Ek dink ook dis losweg die mooiste sebra wat ek nog afgeneem het!

  11. Maghitta het gesê op April 25, 2011

    sjoe baie mooi foto’s wil aan hul vat!!!
    heerlike week vir jou

  12. Izakdv het gesê op April 25, 2011

    Baie dankie! Vir jou ook! (Gelukkig is die week kort!)

  13. diefotoman het gesê op April 26, 2011

    Baie lekker lense altwee van hulle, het jy hulle op n 5D? ek probeer die diere bykom met n 150-500 Sigma, sal wat gee vir enige van die twee lense wat jy mee skiet.

  14. Izakdv het gesê op April 27, 2011

    Spook, ek skiet met ‘n 350D en ‘n tweedehandse 1DmkII. My Sigma 170-500 het ek steeds, en dit bly ‘n fantastiese skerp lens. Ek het al fantastiese foto’s geneem daarmee. Die Canon-lense laat net meer lig in.

Los ’n antwoord vir diefotoman. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.