Kiekies van die Addo II
April 23, 2011 in Sonder kategorie
Die nievlieëndemiskruier is ’n uiters bedreigde spesie, maar hulle floreer in die Addo, want hulle hou van olifantmis.
Ek en die Canon het heelwat van hulle dopgehou, soms vir ’n hele ruk – regtig koddig.
Dié knaap gaan binnekort seks hê.
Daar is niks so onweerstaanbaar vir ’n miskruiermeisie as ’n man met ’n moewiese bal mis nie!
(Dis nou ’n oulike [email protected], nie waar nie 😉
Papegaaislaai het gesê op April 23, 2011
Wonder wat het hy in sy vorige lewe gedoen?
Izakdv het gesê op April 23, 2011
Uitstekende vraag! (Was waarskynlik ‘n politikus!)
Izakdv het gesê op April 23, 2011
Soos mense ook maar, nie waar nie?
Neander het gesê op April 23, 2011
Mooi. Omdat Australië evolusionêr vir miljoene jare stilgestaan het, het daar geen soogdiere ontwikkel nie.
Toe het die CSIRO (’65-’85) die miskruierprojek begin om miskruierspesies wat saam met gesplete hoefdiere oor 30m jaar ontwikkel het, in te voer.
Siedaar, die probleem van mis is opgelos.
Ek hoop al die anti-evolusioniste neem kennis.
KARINBRYNARD het gesê op April 23, 2011
Was mos heilige diere in die ou Egiptiese beskawing, dan nie?
Ientjie het gesê op April 24, 2011
Die fotos laat my terugdink toe ek as kind beeste moes oppas in die veld. Was die lekkerste om in die koelte van n rosyntjiebos te sit en te kyk hoe n toktokkie tok op die grond om sy maat te kry. Het natuurlik ook vir hom getok om sy aandag af te trek. Miskruiers kan mens ook ure besighou. Ai, waar is die dae!
Izakdv het gesê op April 25, 2011
Hallo Karin, inderdaad, en dis een van die redes waarom hulle bedreig word. Hulle is steeds gesog as talismans, en dies meer.
Izakdv het gesê op April 25, 2011
Ek het ook op ‘n plaas grootgeword. Dis deels daar waar ek die natuur leer waardeer het.
Izakdv het gesê op April 25, 2011
Neander, ja, ek weet van hierdie geval. Dit was ‘n interessante studie.