by

My digdebuut oorskadu

April 20, 2011 in Sonder kategorie

Ja, ek het ook nou al gedigte gepubliseer. Drie van my pogings is opgeneem in Toulopers, saamgestel deur Jaco Jacobs – en uitgegee deur Lapa.

Die bloemlesing het vandag opgedaag en ek is regtig tevrede met hoe dit gekom het. Ek dink kinders sal mal wees daaroor en heelwat van die gedigte is knap. (Ek sal ander vra om oor myne kommentaar te lewer.)

Saam met Toulopers het ’n pakkie uit die VSA gekom. This thing called the future, deur JL Powers, is ’n baie slim en goedgeskrewe roman oor ’n jong meisie wat haar gesin sien sterf aan Vigs – en tog wil sy ook net liefgehê wees – soos enige ander jong mens. Jessica, die outeur, is ’n Amerikaanse akademikus wat lank hier in Suid-Afrika navorsing gedoen het. Sy praat beter Zoeloe as ek. Jessica was al ’n paar keer by ons aan huis.

Ek het die voorbladfoto geneem van die meisie wat so haar kop wegdraai van die kamera. So, ek skat dis my eerste internasionale voorblad. (Hier ter plaatse is ’n paar van my foto’s al op voorblaaie gebruik.)

Hier is ’n video wat haar uitgewers gebruik om die teks mee te bemark – hulle gebruik twee van my foto’s hierin.

Maar, ongelukkig, het ’n ander boek ook vandag op my skryftafel beland. Annette Human se pragtige nuwe Welgedaan. En, raai wat, daar gryp my vrou hierdie een en sy is verruk deur Human se boek (ek moes summier nog bestel) en wens my darem so floutjies geluk met die twee tekste waarin my goete is!

6 antwoorde op My digdebuut oorskadu

  1. TS het gesê op April 21, 2011

    sal bietjie gaan lees

  2. Neander het gesê op April 21, 2011

    Voorspoed Izak!

  3. Maankind2 het gesê op April 21, 2011

    Prioriteite, Izak… Maar dis fantasties! Jou lewe en prestasies word net beter en beter!

  4. Izakdv het gesê op April 21, 2011

    ek dink die onnie in jou sal die twee jeugboeke geniet, Annette se boek is egter PRAGTIG.

  5. Izakdv het gesê op April 21, 2011

    Dankie, Neander!

  6. Izakdv het gesê op April 21, 2011

    Sjoe. Dankie Maankind.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.