by

Nog ’n mooi debuutstorie

Februarie 25, 2011 in Sonder kategorie

 

Hanlie Retief, die nimlike hardekwasjoernalis van Rapport, se debuut het pas verskyn. Dit is ’n keur uit haar onderhoude in Rapport.

Die pakkie het Maandag opgedaag. Haar ma, aan wie die boek opgedra is, was ook daar.

Haar ma het nie geweet van die opdrag nie.

Hanlie maak toe die pakkie oop, gee vir haar ma ’n boek en gryp self een. Hulle twee sit toe en blaai en daar staan dit:

Aan my ma

Julle het seker al agtergekom ek geniet my werk 😉

Koop gerus hierdie boek. Dis meesleurende leeswerk. Hier is onderhoude in met: Marike de Klerk, Karen Zoid, Victor Matfield, Julius Malema, Steve Hofmeyr en baie, baie ander.

Kalahari het dit tans op ’n spesiale aanbieding.

Exclusive Books doen ook baie moeite om ons boeke te koop en te bemark. Ondersteun hulle gerus.

26 antwoorde op Nog ’n mooi debuutstorie

  1. Sal definitief daai een gaan koop, hou van haar artikels in die Rapport, behalwe vir sekeres, soos die Annelie Botes een, het die vrou na die tyd BAIE jammer gekry, want toe word sy behoorlik gestenig vir ‘n “misquote”.

  2. Vir haar gee ek ‘n mis, net omdat sy Annelie Botes so vieslik behandel het. Ek sien nou sekere van haar ander onderhoude (Piet Koornhof, en nog ‘n paar waar sy so snedig was, in ‘n ander lig) Dankie maar nee dankie vir hierdie een.

  3. Izakdv het gesê op Februarie 25, 2011

    Niemand was vir haar kwaad na sy met Malema gepraat het nie. As Annelie Botes vir haar goed sê, dan sê Annelie dit.

    Snaaks hoe ons kwaad word vir die boodskapper as die koning kaal is!

  4. Izakdv het gesê op Februarie 25, 2011

    Lees gerus wat Annelie Botes regtig gesê het.

  5. Izakdv het gesê op Februarie 25, 2011

    Sjoe
    Ek dink darem Annelie speel ‘n groot rol in ons letterkunde. Dis net dat sy soms vinniger praat as wat sy moet.
    Ek is, terloops, mal oor Leeskringtannies!
    Maankind is een van my favourite mense!

  6. ‘n Uittreksel uit ‘n brief wat hier te sien is: http://www.savryskutskrywer.co.za/annelie_botes_30.htm

    Ek reken jy het heelwat joernalistieke erekodereëls oortree met jou “eerlike profiel”. Volgens die joernalistieke erekode mag ‘n joernalis inligting “slegs op ‘n eerlike wyse verkry”. Annelie onthou spesifiek hoe jy haar telkens aangemoedig en suggestiewe vrae gestel het om politieke stellings kwyt te raak. Een van dié “aanhitsings” was onder meer: “Komaan, Annelie, praat net die waarheid. Ons voel almal so; ek ook, maar niemand het die moed om dit hardop te sê nie. En jy is bekend vir jou eerlikheid en jy is dapper genoeg om te sê wat niemand anders wil nie.”

    Annelie onthou ook duidelik dat sy jou verskeie kere gevra het om die onderwerp te verander en eerder oor haar boek, Tabernakel, te praat, want dis die éíntlike rede waarom haar uitgewers die onderhoud gereël het.

    Dit behoort alles op daardie bandopname te wees wat jy van die onderhoud gemaak het.
    __________________
    So nee, Izak, ek skiet nie die boodskapper nie, ek spandeer net nie een enkele sent op ‘n joernalis wat so optree se boek nie.

  7. Hier is skakels na al die tersaaklike artikels daaroor.

    http://www.savryskutskrywer.co.za/annelie_botes.htm

    En Izak, om op te maak vir hierdie een, gaan ek die eerste wees wat Reney Warrington se boek koop, net omdat jy dit aanbeveel!

  8. Izakdv het gesê op Februarie 25, 2011

    Laat die lesers lees wat in die onderhoud gesê is – dit is in die boek!

  9. Izakdv het gesê op Februarie 25, 2011

    Descarte – Annelie se eie woorde het haar ‘n enorme knou toegedien. Die onderhoud is in die boek, en ek ril as ek dit lees.

    No contest.

  10. Izakdv het gesê op Februarie 25, 2011

    Maankind, jy gaan mal wees oor Reney Warrington se boek. Dis ‘n liefdesverhaal, dis teer, dis gewoon pragtig!

  11. Ek weet! Ek volg al lankal haar skrywes, en ek hou van die manier waarop sy dink oor flieks en boeke.

  12. Ek het nie daardie artikel gelees wat Maankind die link voor op het nie, sal dit netnou gaan doen, maar hier in PE, was daar in die een of ander koerant, nie seker watter een nie, sorry, ‘n stuk waar Annelie gesê het sy het dit nie bedoel soos wat dit in die Rapport verskyn het nie. Ek is regtig nie VIR daardie tipe uitlatings nie, voel dis olie op die vuur, maar dit het geklink of Annelie dit regtig nie negatief bedoel het nie. Ek het haar baie jammer gekry, vernaamlik omdat sy (vir MY) baie mooi skryf, plat, eerlik en net soos dit is.

  13. My ander antwoord verwys ook, die stuk waarna ek verwys, wat ek gelees het in die een of ander koerant is: “ek is geen rassis nie”. Dis ook op daai link van Maankind. Volgens my verduidelik Annelie daarin presies wat sy eintlik bedoel het, en dis hoekom ek haar jammer kry, want ek dink sy was buite konteks aangehaal en toe snowball die ding lelik. Feit bly staan, sy skryf BRILJANT (wel volgens my anyway.).

  14. Noem my dan maar ‘n boekklubtannie as jy wil. Maar, my hart het vir Annelie gebloei. Verder gaan ek van my kant af nie hier op ingaan nie, Maankind het min of meer gesê wat ek ook sou wou sê. Enige mens wat al Annelie se boeke gelees het, sal weet dat sy nog nooit ‘n rassis was, of ooit sal wees nie.

    Om terug te kom na Hanlie Retief, ek wil haar glad nie haar vreugde van ‘n debuutboek ontsê nie. Dis ook pragtig dat sy dit aan haar ma opgedra het. Meeste van haar onderhoude is goed, eintlik vlymskerp.

    Tog het ek ‘n klompie jaar gelede ‘n onderhoud wat sy met ‘n klompie arm-blankes gevoer het, ook gelees. Vir hulle part wou ek ook huil, sy het hulle, om die minste te sê, tot in die aarde in verneder. Sy het dit baie subtiel gedoen.

  15. Izakdv het gesê op Februarie 25, 2011

    Ek het al aan twee boekklubs behoort, ek is dan seker ‘n boekklubomie!

    Dis vreemd dat almal vashaak op Annelie se stuk. Wat van Julius Malema se onderhoud?

    Die pragtige onderhoud met Kristi Kriel – die verkragtingslagoffer?

    Marike de Klerk?

    Vir my is die mooiste een die onderhoud met Erika du Plessis. Sy is ‘n treindrywer. Dis ‘n STUNNING stuk.

  16. Izakdv het gesê op Februarie 25, 2011

    Annelie sou nie 40 000+ boeke (per titel) verkoop het as sy nie kan skryf nie.

    Dis net dat Annelie oor die jare maar ‘n vinnige woordvoerder was.

    Wat sy gesê het, staan daar vir almal om te lees!

  17. Izak, ek stem saam met jou. Jy is ook gans en al te jonk om enige soort omie te wees. Lol.

    Ek het gewis nie net vasgehak by Annelie nie, ek het net kommentaar gelewer op dinge wat reeds hier gesê is. Daarom herhaal ek net weer:

    Meeste van haar onderhoude is goed, eintlik vlymskerp.

    Ek is maar net ‘n baie lojale mens en het al vir Annelie persoonlik ontmoet en daarna by verskillende ander geleenthede raakgeloop. Ek het ‘n baie sagte plekkie vir haar.

  18. Voyeur het gesê op Februarie 25, 2011

    Ek bestel juis more n pakkie by kalahari. Ek kort leeswerk vir die nagte agter die skerms. Ek sal dan sommer die een ook in die cart ingooi.

  19. Izakdv het gesê op Februarie 26, 2011

    Descartes, Kommentator het dit goed gestel. Jy hoef nie van Annelie se skryfstyl te hou nie – ek verkies self ernstiger letterkunde, maar sy is ‘n deel van ons samelewing.

    Dalk moet Annelie en Julius Malema saam-saam anger management-klasse loop!

  20. Izakdv het gesê op Februarie 26, 2011

    Wat min mense besef, is dat die pers BAIE fyn dopgehou word deur hulle ombudsmanne. Jy kan nie so ‘n artikel plaas as jy nie jou feite reg het nie. As uitgewer sou ons ook nie die artikel weer geplaas het as ons die joernalis nie vertrou het nie.

  21. Izakdv het gesê op Februarie 26, 2011

    Jy sal dit geweldig geniet!

  22. Ek antwoord gewoonlik nie op beledigings nie, dis benede my.

    Al wat ek net vir jou kan sê is dat jy so ver verkeerd is met my, dis eintlik lagwekkend. Ek het ‘n Zoeloe vrou vir ‘n skoondogter en ek is mal oor haar.

    Verder verwerdig ek my nie om meer met jou in gesprek te tree nie.

  23. @Kommentator. Ek is jammer, dis eers nadat die pos geplaas is, dat ek besef dat dit nie duidelik is met wie ek gepraat het nie.

    Dit was definitief vir Descartes bedoel en nie vir jou nie.

  24. Izakdv het gesê op Februarie 27, 2011

    Kom ons sit Steve by!

  25. Izakdv het gesê op Februarie 27, 2011

    Descartes
    Populêre fiksie verkoop baie meer as hogere letterkunde. Dis nou maar ‘n feit.
    Ena Murray maak dit moontlik om Breyten Breytenbach uit te gee.
    Deon Meyer speel ‘n uiters belangrike rol in ons letterkunde, so ook Chanette Paul. Elsa Joubert is ‘n veel meer literêre skrywer as Chanette Paul, maar maak dit haar meer of minder belangrik? Natuurlik kan ek onomstootlik verklaar dat ek tans besig is met navorsing oor Joubert se vroeë werke, terwyl Paul se geskrifte hulleself nie juis aan my opdwing nie.
    As jy ‘n hopie van Riana Scheepers se boeke voor my neersit en nog een van Annelie Botes en sê “kies”, sal ek sonder om te huiwer Scheepers kies.
    Ander sal anders kies.
    Die punt is: Annelie Botes het simpel goed gesê – nogal in die gesig van die fotograaf wat gestuur is om haar te laat mooi lyk vir die koerant. Dit staan daar vir almal om te lees. Maar daar is mense wat van haar werk hou.
    Wagner was ‘n Nazi-ondersteuner, tog het Yehudi Menuhin Wagner se werk gespeel – want Menuhin was groter en sterker as die bekrompenheid van Wagner se psige.
    Ek is eintlik spyt almal op Annelie Botes fokus, want Hannelie Retief se boek bevat 50 uitstekende ondehoude. En nou kry Botos hierdie ongelooflike reklame wat sy werklik nie verdien nie.

  26. Izakdv het gesê op Februarie 28, 2011

    Descartes: Kniebuiging. Jy stel dit veel beter as ek!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.