by

Wel?

Februarie 15, 2011 in Sonder kategorie

 Julle het nog nie reg geraai nie. Sy’s ook nog nie reg nie – sy’s nog besig om die skok te verwerk, so ek gaan nog nie sê nie. Wanneer sy reg is, sal die wêreld waarskynlik weet. 😉

 

Ek moet wel sê: Julle raaiskote is slim. Hier is lekker skrywers op die blogs. Etienne van Heerden sê altyd dis goed om te oefen, so, hou aan blog en oefen, oefen, oefen.

 

As julle haar blog lees, sal julle sien sy’t al ’n rukkie lank gewerk aan haar idees, maar, baie belangrik, die roman het sy in haar binnekamer gekoester, klaargemaak en … wel. Volgende jaar is dit op die rakke.

 

So, bloggers, dis gom op die gat en deursettingsvermoë.

 

En lees, lees, lees. Koop boeke en kyk wie werk en wie nie!

6 antwoorde op Wel?

  1. en die kalender loop ook net tot 2012… sies vir jou…fluister gou wie!, niemand luister op die oomblik nie…

  2. Ons sit almal en wag om daai fluister te onderskep!

  3. jy weet hoe nuuskierig vrouens is. is dus baie oneties om sulke dramatiese nuus bekend te maak en dan die kritieke deeltjie daarvan weg te laat

  4. Komaaaaaaaaan!!! Se nou.

  5. Aangesien ons dan nou tog gaan weet – gee bietjie leidrade, dit maak die soektog lekkerder!

Los ’n antwoord vir Hendrivanjaarsveldt. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.