by

Suid-Afrikaner wen Wêreldfotoprys

Februarie 11, 2011 in Sonder kategorie

 

Die Mail & Guardian het pas berig dat Jodi Bieber die World Press Photo Award vir 2010 ingepalm het.

 

Bieber is ’n Suid-Afrikaner.

 

Hierdie aangrypende foto van die agttienjarige Bibi Aisha het die 1ste Augustus 2010 op Time se voorblad verskyn.

 

Aisha het weggehardloop van haar man, wat haar glo mishandel het. Volgens berigte het hy haar opgespoor en summier haar ore en haar neus afgesny.

 

Aisha is deur die VSA-weermag gered en sy woon tans in die VSA.

 

Interessant genoeg het talle mense Bieber se foto gekritiseer as oneties. Ek kan nie dink hoekom nie. Vir my lê die krag van die kamera júís in die vermoë om te vertél. En kyk hoe gemaklik is Aisha op hierdie foto. Dis puik belig, dit vertél die storie en dit bly ’n ontstellend mooi vrou.

 

Die lang lens (ek raai dis ’n 200 mm) maak ook dat die model nie gekonfronteer word met die kamera nie.

 

Ek lig my hoed vir Jodi Bieber.

 

Hierdie foto het myns insiens dieselfde krag as Nick Ut se angswekkende Viëtnam-foto van die meisie wat kaal-kaal hardloop ná die napalm haar klere afgebrand het. Maar kyk net hoeveel meer Bibi Aisha bemagtig word in hierdie foto.

 

Ut en Bieber het natuurlik in totaal verskillende omstandighede gewerk. Ut was dáár toe die bom geval het, Bieber het ná die aanval hierdie foto geneem, maar vir my is dit juis so wonderlik: Hier is ’n portretstudie wat, heel tereg, die nuus oorheers het.

 

(Bieber het ook ’n prys ingepalm in die portretstudiekategorie.)

 

Julle kan die Mail & Guardian volledige berig hier lees.

6 antwoorde op Suid-Afrikaner wen Wêreldfotoprys

  1. Iewers het iemand seker lankal plastiese chirurgie geborg om haar te red.

  2. Ek dink nie daar’s iets oneties aan die foto nie. Maar Time Magazine se opskrif daarby was effens propagandisties.

  3. Izakdv het gesê op Februarie 12, 2011

    ware woorde!

  4. Izakdv het gesê op Februarie 12, 2011

    Ek skat so, oubouet. Daar is puik plastiese chirurge wat hulle tyd afknyp vir armes. Hier in Suid-Afrika werk hulle bv vir die Smile Foundation.

    Wat meer is – hier is (ongelukkig) roem (lees dollars) wat kan vloei uit ‘n deeglike rekonstruksie van daardie mooi gesiggie.

  5. Izakdv het gesê op Februarie 12, 2011

    Met jou, Berwick!

  6. Ongelukkig, want as daai gesiggie opgetower is kan sy voorblaaie haal

Los ’n antwoord vir louisna. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.