Swart en swart
Januarie 28, 2011 in Sonder kategorie
Die Rondebosch Meent, beter bekend as die Rondebosch Common, het gister laatmiddag afgebrand. Dis ’n paar honderd meter van ons huis af en ons gaan stap gereeld daar.
Vanoggend, voor sonop, het ek gou daar gaan draf. Ek wou dit dokumenteer en het middagete, met die son lekker hoog en skadu’s klein, die wyehoeklens geneem en vinnig ’n paar kiekies geskiet.
Die brand het vinnig versprei, en die brandweer kon hierdie paaltjies koel hou. Hierdie een vertel van die verskillende slange op die meent. Ek en my seun het al ’n aantal slange hier raakgeloop. Vanoggend, toe ek hier gehardloop het, was ’n swartkopreier juis besig om te eet aan ’n gebraaide slang – Rondebosch Braaid Snake het ek gedink.
Hierdie tamatieplantjie is omtrent al wat oorleef het in ’n see van swart.
Eendag, voor jy kan glo, sal alles weer groen wees. Die fynbos herstel verbluffend gou na ’n brand.
Izakdv het gesê op Januarie 28, 2011
Albei is jammer, inderdaad. Selfs in die paar minute wat ek foto’s geneem het, was die stof erg in my oë,
jr_hewing het gesê op Januarie 28, 2011
dis verskriklik. maar binnekort is dit weer groen en is alles splinternuut. dankie vir die inskrywing.
paula-christine het gesê op Januarie 28, 2011
Dit is hartseer.
michella-bella het gesê op Januarie 28, 2011
Hallo, Izak.
Ek het noudiedag ook gesien hoe onstellend vinnig ‘n brand versprei, en dit reg rondom ons huis. My groente tuin het amper-amper nie oorleef nie.
Dit is hartverskeurend wat dit aan die natuur doen, en tog kan ‘n mens ‘n les by die natuur leer om dinge te aanvaar en weer te begin.
loudavisi het gesê op Januarie 28, 2011
Alles in ‘n oogwink weg!
Baie hartseer.
Izakdv het gesê op Februarie 4, 2011
hallo v
ek gaan probeer om binnekort van die nuwe lewe daar af te neem.
Izakdv het gesê op Februarie 4, 2011
Dis baie lekker om jou weer raak te loop!
Jy’s reg, dis bitter vinnig. Ek is bly jy’s okay.
Izakdv het gesê op Februarie 4, 2011
Ek het dalk al met jou broer gesels sonder om te weet!
Ek sien baie uit na die “nuwe” veld.
Izakdv het gesê op Februarie 4, 2011
Inderdaad, maar hier kom nuwe goed!
Izakdv het gesê op Februarie 5, 2011
Jip, maar uit die hartseer kom nuwe lewe, Paula.