Hans Klaar deur Martinique Stilwell
Januarie 24, 2011 in Sonder kategorie
Lees ’n bietjie hierdie verslag oor ’n verkragter se lewe.
’n Teks wat goed geskryf is, is goed. En soms kan fiksie nie die waarheid klop nie.
Martinique Stilwell, ’n mediese dokter met ’n M in kreatiewe skryfwerk, het vir Hans Klaar as kind leer ken. Albei was kinders. Albei het groot geword. Albei was mal oor seil.
Martinique se pa het vir haar deure oopgemaak om te gaan studeer. Hans se pa het nie.
Net voor sy wou gaan studeer, het Martinique weer in Hans vasgeloop: Sy skryf: “One night on the beach that summer I learned to my detriment that Hans was not very good at listening when a woman said no.”
Tog kry sy dit reg om Hans se storie só te skryf dat ek saam met haar wonder of hierdie hoogs intelligente kêrel se lewe nie so anders kon uitdraai as hy ’n beter skoolopleiding gehad het nie.
Martinique is besig om ’n boek te skryf. As sy SO kan skryf, wil ek die boek lees!
Nog ’n skrywende dokter! Suid-Afrika het ’n paar van hulle.
Vetjan het gesê op Januarie 24, 2011
As sy ‘n goeie storie het sal sy hom goed kan skryf.
Die enigste “probleem” in Hans se lewe is dat hy ‘n vrou verkrag het, en van wanneer af het ‘n universiteitsgraad iemand gekeer om te verkrag?
of erger?
Izakdv het gesê op Januarie 24, 2011
Uitstekende punt, Petrus, maar die vraag gaan oor meer as ‘n graad – dit gaan oor ‘n toekoms.
Die punt is egter dat ook hier het die pa skynbaar gefaal – sus was skottelgoed, boete seil…
Vetjan het gesê op Januarie 24, 2011
maar het Pa gefaal ? .. ons het hier ‘n rykmansdogter wat ‘n oordeel vel op iemand met ‘n alternatiewe lewensstyl.. of mag slegs ryk mense met grade en wat dogters mediese skool toe stuur seiljagte hê en die wêreld verken… of is sy jaloers omdat sy nog nooit op Bassas was en op die Santiago geduik het nie … as ons nou vir ‘n oomblik die verkragting buite rekening laat?
Izakdv het gesê op Januarie 24, 2011
Goeie punte, maar, ek dink almal bewonder Klaar vir wat hy vermag het. (Ironies genoeg was dit die bewondering onder seiljagvaarders wat gemaak het dat polisie hom so maklik kon vang.)
Maar is die lewe van ‘n smokkelaar vergelykbaar met die van ‘n marinebioloog – wat hy wou word?
Maankind2 het gesê op Januarie 25, 2011
Dis fassinerend! Dankie vir die deel.