by

We want sex

Januarie 21, 2011 in Sonder kategorie

In 1968 het ’n groep vroue, wat vir Ford gewerk het, begin staak en het ’n groot banier geprakseer wat gelees het: “We Want Sexual Equality”. Julle kan dink wat toe gebeur het – die een deel van die plakkaat val plat en al wat oorbly is … (lees my slim opskrif).

 

Daar is nou ’n film gemaak oor daardie staking. Made in Dagenham het pas begin draai in Suid-Afrika.

 

Ek wil dit bitter graag sien – en sal terugrapporteer wanneer ek het.

 

Ek het al baie gelees oor daardie tyd in Engeland. Dit is verbasend hoe lank mans gedink het hulle kan beter dink as vroue.

 

Ek onthou nog die dae toe my eie ma minder verdien het as mans, toe my ma, wat die pot aan die kook gehou het, my sukkelende pa se toestemming moes kry om enigiets groot te koop. (Getroude vroue is as minderjariges behandel voor die wet.)

 

Ek het my vorige inskrywing afgesluit met die gedagte dat demokrasie nie deur alle filosowe gesteun word nie. Dit mag so wees, maar die enigste ding wat erger is as demokrasie is ’n gebrek daaraan.

 

Gaan kyk Made in Dagenham. En vier die feit dat ons grondwet demokrasie en gelykheid onderskryf.

 

Dit was nie altyd so in Suid-Afrika nie.

 

Hier is Peter Bradshaw se resensie oor Made in Dagenham.

9 antwoorde op We want sex

  1. Dit klink na ‘n interesane ondewerp en sal graag die movie wil gaan sien.

  2. Ek gaan beslis daai fliek kyk!

    En ja, demokrasie en gelykheid word onderskryf, maar word dit uitgeleef?

  3. Gaan dit Sondag sien!

  4. mapome het gesê op Januarie 24, 2011

    Izak, ek stem heeltemal saam dat vroue verseker baie meer regte geniet in die moderne samelewing, dit is wel steeds vir my onaanvarbaar dat vroue aanhoudend minder verdien as mans in dieselfde posisie. Die 2008 Salary Survey het weereens daarop gewys dat vroue oor die algemeen minder as mans verdien.

    Ek sien wel geweldig uit na hierdie fliek!

  5. Izakdv het gesê op Januarie 24, 2011

    En? Geniet?

  6. Izakdv het gesê op Januarie 24, 2011

    Ek ook!

  7. Izakdv het gesê op Januarie 24, 2011

    Ons het minstens die keuse om dit uit te leef en in die hof te toets!

  8. Izakdv het gesê op Januarie 24, 2011

    Jip. Ons het nog ‘n lang pad, maar dis minstens nie meer iets wat deur die wet afgedwing word nie!

  9. Ou-Top het gesê op Februarie 4, 2011

    Afrikaanse vrouens in Suid Afrika kry en behou baie makliker n werk as Afrikaanse mans.Miskien omdat hulle bereid is om vir minder te werk.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.