by

Toevallige Tekens op Vers en Klank

November 9, 2010 in Sonder kategorie

As julle werklik mooi gedigte wil hoor, luister gerus vanaand na Vers en Klank op RSG. Daniel Hugo lees gedigte voor uit Martjie Bosman se Toevallige Tekens.

 

Kyk ’n bietjie hoe opgewonde Andries (Roof) Bezuidenhout is oor Martjie se bundel.

 

En hier is my eie resensie daaroor.

 

Daar was Saterdag ’n bekendstelling van hierdie bundel saam met Johann Lodewyk Marais se nuwe teks Diorama. Mense was gaande oor die gedigte.

 

Luister self. Onthou jy kan ook die potgooi aflaai – en buitelanders kan luister oor die internet op www.rsg.co.za.

 

Viva pragtige poësie, viva!

2 antwoorde op Toevallige Tekens op Vers en Klank

  1. jannel1 het gesê op November 9, 2010

    Het julle reen gehad Kamma – hier by ons terg hy net vir ‘n vale!

  2. TS het gesê op November 9, 2010

    Luister altyd… ‘n gunsteling program

    Dankie vir die herinner

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.