by

Bang-Bang Silva

Oktober 23, 2010 in Sonder kategorie

(So het die Mail&Guardian die ongeluk aangekondig)

 

Ek was vandag by die landswye hip-hopkampioenskappe toe my vrou opdaag en sê: “Daardie Silva-Ou van die Bang-Bang Club het ’n landmyn afgetrap in Afganistan.”

My geliefde is nie ’n fotograaf nie en, na my wete, het sy nooit The Bang-Bang Club gelees nie. Tog weet sy van Joao Silva; en sy weet van my bewondering vir hom.

The Bang-Bang Club, wat Silva saam met Greg Marinovich geskryf het, bly vir my een van die beste geskiedkundige werke oor die oorgangstyd in ons land – dit is veel beter as Antjie Krog se oorgewaardeerde faksieteks Country of my skull.

As jy nog nie The Bang-Bang Club het nie, koop dit nou. Nie oor Silva in ’n ongeluk is nie, maar oor dit ’n stukkie van ons land se geskiedenis vertel soos min ander kan. Hierdie knape was dáár. Hulle het foto’s om dit te bewys.

Ek sit en hou die nuus fyn dop. Ek wil so graag dat Silva weer eendag kan bang-bang maak.

3 antwoorde op Bang-Bang Silva

  1. lisabeth het gesê op Oktober 23, 2010

    Lyk na boek wat my pa sal geniet.

  2. Berwick het gesê op Oktober 25, 2010

    Baie goeie boek.
    Ek hou duim vas vir hom.

  3. Ek het die boek gelees en ek stem saam met jou, almal moet dit lees!
    Ek hoop ook Joao Silva OK sal wees, hy’s ‘n legend!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.