by

Is it because I’m Jack?

Oktober 7, 2010 in Sonder kategorie

 

Nou ja, ons hét toe Mike van Graan se nuwe stuk gaan kyk. (Ons? Wel Droomkind was nice genoeg om my saam te neem.)

 

Dit was vet pret. Ek het lank laas so lekker en so aanhoudend gelag.

 

Onder uitstekende humor lê daar egter ’n dig geweefde, baie fyn stuk.

 

Ek huiwer om te veel te sê, want dis werklik ’n stuk wat ’n mens moet gaan ervaar. Wat ek wel kan sê is, tussen die lagbuie deur, loop Mike van Graan al wat ’n Heilige Koei is, storm: Godsdiens (Christen, Jood en Islam), die huwelik, seks, politiek (Mugabe en Malema word GELOOI), selfs die dood.

 

Dis nie ’n resensie hierdie nie, daarvoor wil ek te min sê. Dis bloot ’n commendatio: Ek was daar en ek stel voor jy gaan ook!

 

Is it because I’m Jack? is werklik snaaks en werklik goed. Daar is enkele punte waar die karakters té gou hul spel weggee, en dis ’n fout van die dramaturg, maar dis so min, dat dit baie vinnig reg geskryf kan word. (Ek gaan my aanmatig en dit aan Mike uitwys.) Die paar klein foutjies doen egter hoegenaamd nie afbreuk aan die groter geheel nie.

 

Bravo, Mike van Graan!

 

Maar, Bravo ook aan Yvette Hardie wat die regie behartig het. Die stuk vloei soos Castrol-olie – dit beweeg net!

 

Die karakters is puik in hul onderskeie rolle. Twee van hulle, Clyde Berning (as Jack) en Andrew Laubscher (as Tim), is bekendes op Maynardville se verhoog wanneer hulle Shakespeare doen. Hier doen hulle komedie, en dit werk uitstekend.

 

Anele Matoti (as Farai) en Morné Visser (as Martie) het al in talle TV- en rolprentproduksies gespeel.

 

Al vier is gesout – en al vier bitter goed saam.

 

Gaan kyk dit. Jy gaan nie ophou lag nie! 

 

6 antwoorde op Is it because I’m Jack?

  1. jeanihess het gesê op Oktober 7, 2010

    Bly jy het dit so geniet:)

  2. DroomKind het gesê op Oktober 7, 2010

    Ja dit was ‘n wonderlike aand EN uitstekende geselskap 🙂
    Dankie!

  3. lisabeth het gesê op Oktober 7, 2010

    Daar is nie ‘n Langstraat in die Langkloof nie…so ons moet maar “kyk” deur jou oe!

  4. Izakdv het gesê op Oktober 7, 2010

    Dit was – jy sal dit ook geniet – die politieke kommentaar veral.

  5. Izakdv het gesê op Oktober 7, 2010

    dankie!

  6. Izakdv het gesê op Oktober 7, 2010

    Ja. Ons is gelukkig dat dit hier gewys het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.