by

Antieke wesens

Oktober 1, 2010 in Sonder kategorie

Op 30 September was die Flintstones 50 jaar oud, of jonk, afhangend hoe jy na hulle kyk.

Vir die jeug van vandag is alles wat oor 25 is in elk geval antiek, dood en argaïes, soos die karakters waarop die Flintstones gebaseer is.

Die van julle wat Sonja Loots op Facebook volg, sal weet dat sy de moer in was toe die studente van UCT nie weet wie Meatloaf is nie. Ek vra toe vandag die mooi, jong au pair, wat my seun kom oppas het, of sý weet, maar die gevolge was voorspelbaar: “Nee. Is hy Old Skool?”

Nou, ja. G’n wonder sy kyk nie na my soos ek na haar kyk nie …  Wink

  

(Dis net in stories waar au pairs vir die pa val, in my huis gebeur dit nooit.)

Die kollektiewe De Vries-manne het haar egter teruggekry toe ons vir knaap (nou sewe) vra of hy kan raai hoe oud die agtienjarige au pair is? Ja, sê hy sonder ’n sweempie ironie. Sestig.

7 antwoorde op Antieke wesens

  1. Wahahahaha! Kolskoot.

  2. TS het gesê op Oktober 1, 2010

    mmmmmmm wonder wat hy van Pappa se ouderdom dink dan! Sjoe is die jong man al 7… kan jy dit nou glo

  3. UNPOCO het gesê op Oktober 1, 2010

    Ek word November so oud soos die Flintstones, so hulle is in dieselfde jaar as ek gebore. Hulle lyk baie ouer as wat ek voel.

  4. Izakdv het gesê op Oktober 5, 2010

    Wat ek ook sê!

  5. Izakdv het gesê op Oktober 5, 2010

    Bingo!

  6. Izakdv het gesê op Oktober 5, 2010

    Tina
    Ek gaan ‘n hele blog wy aan wat hy van MY dink. Horingoud is die antwoord! Heerlik om van jou te hoor.

  7. Izakdv het gesê op Oktober 5, 2010

    Ouderdom is in die kop. Nie elders nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.